'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Projekleier: Vakant

Bedieningsarea
Phambili is ‘n gemeenskapsorganisasie wat fokus op opheffingswerk in die Broadlands Park woongebied.

Phambili se doel en visie
Om te netwerk in vennootskappe met ander nie-winsgewende organisasies, kerke, besighede en regeringsinstansies om die basiese lewenstoestande te verbeter van mense wat lewe met die HIV virus.
Om uit te reik na jongmense in die Strand deur ondersteuningsgroepe om hulle te bemagtig om te groei om betekenisvolle lewens te lei.
Om ondersteuningsgroepe te fasiliteer rakende die stigma, diskriminasie en verwerping deur die gemeenskap teenoor persone wat HIV positief is.

Raak betrokke deur jou kundigheid, gebed en finansiële ondersteuning.

Projekleier:  Aneleh Fourie-Le Roux

Ons visie is ‘n MIV-vriendelike gemeente wat uitreik na mekaar en die gemeenskap. Die MIV- en Vigsbediening van Helderberg Gemeente het dit daarom ten doel om te help bou aan ‘n gemeente wat omgee en dáár is vir ons lidmate wie se lewens direk deur MIV geraak word.

Ons uitreik na mekaar word gedoen deur onder andere:

Die aanbied van ondersteuning aan bestaande Helderberg Uitreik projekte en bedienings binne die gemeente wat behoeftes rondom MIV of Vigs het.,
Bewusmakingsgeleenthede in die gemeente rondom Vigsherdenkingsondag in Mei en Wêreld Vigsdag 1 Desember. 

Ons uitreik na die gemeenskap word gedoen deur ondersteuning aan:

Helderberg Hospice – word ondersteun met persoonlike higiëne pakkies vir behoeftige pasiënte en finansieel wanneer moontlik.

Helderberg Ontwikkelingsentrum se curriculum sluit ‘n oggendwerkswinkel oor MIV in vir alle studente. Ons fasiliteer die werkswinkels en verskaf ook ‘n MIV-inligtingspakket in vir elke student.

Paasfees- stigma projek – word in samewerking met jeuggroepe soos Uyavula leesprojek aangebied en hoopvolle paaseiers word dan deur projekte uitgedeel.

Aktiewe deelname by die Gesamentlike Vigstaakgroep vir NG Wes-Kaap, VGK Kaapland en die Calvyns Protestante kerk.

Ondersteuning en samewerking met die Christen Vigsburo, CABSA.

Ondersteuning aan Phambile Community Development en ander plaaslike MIV ondersteuningsgroepe.

Jou betrokkenheid en ondersteuning kan ‘n groot verskil maak aan hierdie klein projek. Maandelikse of eenmalige bydraes, stel ons in staat om meer organisasies te ondersteun en meer behoeftes aan te spreek.

Jou betrokkenheid met aankope, aflewering, skenkings, pakkies voorberei, donasies en gebed kan ons help om meer sigbaar te raak en ‘n groter impak in ons gemeente en ook gemeenskap te hê.

Ons verwelkom veral die volgende donasies wat by die kerkkantoor afgegee kan word:
Tandeborsels, klein tandepasta, seep, waslappe, roll-on, weggooibare skeermesse, sanitêre doekies,
Ziplock sakkies (15X27cm), pakkies tissues, latex gloves, sjokolades en paaseiers, leë flessies (medium grootte), lensies, rys, pakkies en pakkies sop.

Indien jy belangstel om deel te word van die projekspan, kontak die projekleier.

 

 

Projekleier:  Jansie Moolman

Die Cence-projek van Helderberg is daarop gerig om werkgeleenthede te skep deur entrepreneurs, voornemende entrepreneurs en werksoekers te help en te begelei. Dit is ‘n dissipelmakende proses. Om dit te kan bereik, vervul die Cence-projek 'n fasiliterende rol om die gawes waarmee die Here ons as gemeente reeds geseen het, toeganklik te maak vir die wat dit nodig het, om weer ander te kan help.

Sedert Maart 2013 het 25 mense aangemeld waarvan 5 werk gekry het. Twee is gehelp om loopbane te verander. Vier het uit eie keuse die proses gestaak en die ander 15 is nog in proses. Drie word tans deur kundiges met raad bygestaan om hul besighede se mededingendheid te verbeter.

Baie van hierdie hulp het gekom as uitvloeisel van die Cence. Die ontbytsessies die eerste Woensdag van elke maand word goed bygewoon. Sedert die eerste in Maart 2013  het meer as 120 mense dit bygewoon. Ons kyk na verrykende DVD’s rakende besigheids- en persoonlikebestuur, kuier en netwerk daarna tydens ontbyt.

Almal is welkom. Veral ook voornemende entrepreneurs en mense wat nuwe werkgeleenthede oorweeg.

As jy onseker is of jou jarelange ervaring en kundigheid in die wêreld van besigheid iemand anders kan help, kom gesels oor ‘n koppie koffie.

Projekleier: Yolande Kennedy

Die Dienssentrum dien as die skuur van genade van Helderberg Uitreik vanwaar kospakkies klere, meubels, huisvoorraad en ‘n verskeidenheid ander produkte na gesinne in nood en instansies versprei word. Ons grootste behoefte word deur donasies gedek en waar nodig sal items aangekoop word. 

Ons is altyd op soek na ‘n paar ekstra hande om te help uitpak, sorteer en die verspreiding van goedere.

Geloofoffers vir hierdie projek word gebruik om in die basiese voedselbehoeftes van gesinne in nood te voorsien.

 

Projekleier: Sus van Niekerk

Koördineerder: Minette Krog

Deeltydse werkers: Fiela Opperman en Antoinette Erasmus, asook Lea van der Riet wat 'n vrywilliger uit Holland is.

Statistieke bewys dat meer as 80% van persone wat Jesus as hul persoonlike Verlosser aanneem, dit doen tussen die ouderdom van 4 en 14 jaar!

Truth2kids se droom is om soveel moontlik kinders te begelei om Jesus as Verlosser te leer ken en dat hul in ‘n verhouding met Hom sal groei om as Sy dissipels te leef. Dit is met groot dankbaarheid wat ons gemiddeld oor die afgelope jare meer as 1 400 kinders weeklikse in omtrent 36 Bybelklubs kan bereik. Die klubs is in ‘n aantal skole, kleuterskole en in die gemeenskap.

 

Toegewyde Bybelklubleiers kan ‘n pad van dissipelmaking met die kinders loop deur goed gefundeerde Bybellesse en waardevolle leer-aktiwiteite aan te bied. Baie kinders in ons Bybelklubs kom uit baie moeilike, armoedige omstandighede en daar is baie uitdagings soos geweld, negatiewe groepsdruk, dwelms, en meer op hulle pad.

Opleidingsgeleenthede soos bv. ons kwartaallikse werkswinkels word gehou wat help om Bybelklubleiers te bemagtig met kreatiewe idees en praktiese lesse wat hul elke week kan aanbied – om sodoende geestelike waarhede effektief en op die kinders se vlak oor te dra.

Kampe en uitstappies word jaarliks vir kinders uit ons klubs gehou. Kinders is baie gretig om dit by te woon, aangesien hulle uit armer gemeenskappe met min geleenthede kom. Die kampe bied kosbare tyd vir dieper verhoudingbou en dissipelmaking.

Waar daar geleentheid is, word begeleiding aan kleuterskool-juffrouens gegee om hulle te help om ‘n effektiewe Bybelonderrig kurrikulum in kleuterskole te vestig. Die program sluit ook aktiwiteite in wat fokus op skoolgereedheid en is ook in Xhosa beskikbaar. Ons bied ook soms ‘n werkswinkel vir ouers aan sodat hul bemagtig kan word om die Evangelie met kinders te deel.

Ons is verder betrokke in die gemeenskap deur bv hulp met uitgee van kos, kinderklere ens. vanaf die dienssentrum op plekke waar daar spesifieke behoeftes is.

Hier is ‘n paar getuienisse van kinders uit ons Bybelklubs:

“During the holiday I’m going to take up the challenge and read the Bible when I wake up instead of watching TV….”
“The stories you have taught made the Bible 10 times more clear for me… I will remember it till my heart stops pumping.”
“I used to think that God was a fairy tale, but now I know better”
“ I’m now a believer”
“ Ek is baie lief vir die Bybel. Dit is lekker om van Jesus te hoor.”
“ I wasn’t very interested in God but now I am.”

Kontak ons gerus as jy prakties by die projek wil betrokke raak, ‘n finansiële bydrae wil maak, meer inligting wil ontvang, of een van ons gebedsondersteuners wil word.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri