'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Helderberg Uitreik se Sir Lowryspas Projek fokus op die kinders van die Village. Ons bestuur sedert 2010 ‘n kindervoedingsprogram in samewerking met inwoners soos Babsie Steyn (Sir Lowryspas Primêre Skool), Fiela Opperman (Fiela se sopkombuis en Young Ones-tienerkoffiekamer) en Zelna Cupido (Kingdom Kids crèche). Behalwe vir die direkte waarde van gesonde, gereelde voeding, glo ons ook dit is een van die voorvereistes vir suksesvolle opvoeding wat weer die sleutel tot persoonlike ontwikkeling en armoedeverligting is.

Die SLP-Beursprogram het in 2014 begin deur twee leerders van Sir Lowryspas Primêre Skool wat Graad 7 suksesvol voltooi het en met hulle hoërskoolopleiding wou voortgaan, finansieel te ondersteun. Die doel van die program is om behoeftige leerders d.m.v. ‘n beurs in staat te stel om met hul hoërskoolopleiding voort te gaan, hulle te mentor en hul vordering te moniteer. Die beurs dek skoolfooie, uniforms en skryfbehoeftes. Gemeentelede se bydraes het ons in staat gestel om die beursprogram te vergroot en ons kan 20 leerders per jaar deur hierdie program ondersteun.

In 2017 is die program uitgebrei deur ’n Wiskunde-tutorprogram by Sir Lowryspas Primêre Skool en Hoërskool Gordon op die been te bring. In die grendeltyd is hierdie klasse ongelukkig gestaak, maar ons beplan om dit binnekort weer te hervat. Ander aktiwiteite sal ook by die skool aangebied word met die klem op fisiese ontwikkeling, die aanleer van lewensvaardighede en mentorskap.

Die gemeente se bydraes en ondersteuning stel ons in staat om die kinders in die Village op verskeie maniere te ondersteun. Kontak ons asb indien jy wil betrokke raak of nuwe idees het oor hoe om die kinders van Sir Lowryspas te bemagtig. Persone wat ons kan help om die Wiskunde- tutorprogram by Helderberg-hoërskole uit te brei, se hulp sal veral op prys gestel word.

Baie dankie aan almal wat gereeld kos, speelgoed, skryfbehoeftes en finansiële bydraes lewer, asook dié wat hul tyd en vaardighede tot die voordeel van Sir Lowryspas se kinders aanbied. Ons waardeer dit opreg!

Projekleiers: Sarita Groenewald

Projekkoördineerders: Chris Eagar, Magdel van den Berg & Alet Vermeulen

Projekspan: Reitz & Marie-Hélène Broeksma, Charl van den Berg, Willie & Leonette Venter, Nico Vermeulen en die getroue span gemeentelede en ander Helderbergers wat ons finansieel ondersteun.

 

Projekleier: vakant

Seniorsorg bedien individuele bejaardes wat in Helderberg Gemeente en Omgeegemeente se grense val. Daar is ‘n behoefte aan tuis besoeke van eensame bejaardes. Jy kan ook hier ‘n verskil maak.

Ons doen besoeke van 90 jaar en ouer in Helderberg Gemeente, sowel as by Huis Marie Louw.

Ons is tans betrokke by drie tehuise, waar ons ten minste een keer per jaar ‘n tee of funksie aanbied. Seniorsorg ondersteun ook die 3 tehuise met ‘n maandelikse bydrae wat spesifiek aangewend word vir die gedeeltelike betaling van losiesgelde en doeke vir die wat dit nie kan bekostig nie. Die drie tehuise is Huis Marie Louw, Huis Esperanza (Strand) en Zandvliet Society for the Aged in Macassar.

Persone wat belangstel om betrokke te raak kan met Ina van Niekerk by 082 578 9893 gesels. Jou finansiële bydrae sal ook van groot hulp wees om te help vir ons bejaardes wat in finansiële en versorgingsnood is.

Projekleier:  Arnold Prosch

Die Projek fokus op agtergeblewe mans, vrouens en kinders. Vyf Instansies word bedien met die Woord, Bybels, kruideniersware, broodjies, sop, klere, skoene, skoolklere en opleiding.

Die instansies wat ondersteun word, is

Bright Lights, skuiling vir straatkinders,
Nagskuiling in Somerset-Wes,
Mama Lumka, kinderhuis vir babas en skoolgaande kinders,
Die Sopkombuis waar +/- 300 mans en vrouens daagliks eet,
Tereoskool waar 60 kinders onderrig ontvang.

Geloofoffers na hierdie projek word aangewend vir behoeftes soos geïdentifiseer deur die sentrums. Persone wat betrokke wil raak, kan die projekleier kontak.

 4 Lines Sport Coaching Bedienings Aksieplan
Visie
“Bemagtig afrigters deur opleiding en mentorskap om hul volle potensiaal te verwesenlik op die sportveld en in die lewe”

Missie
• Rig gewone waardes en beginsels af wat buitengewone resultate lewer.
• Skep meer geleenthede vir sportdeelname (formeel en informeel) vir spelers deur bemiddeling van leiers in gemeenskappe met maatskaplike en sosio-ekonomiese uitdagings
• Vestig volhoubare sport ontwikkelingssisteme deur volg van ʼn holistiese benadering waar individue en spanne ontwikkel word o.l.v. bekwame afrigters op fisiese, emosionele en geestelike vlak
• Deel beginsels om tegniese, taktiese en lewensvaardighede van spelers en spanne te verbeter.

4 Lines Sports Coaching is reeds sedert 2010 betrokke by gemeenskaps- en sportontwikkeling en funksioneer sedert 2015, as ‘n projek van Helderberg Uitreik. 4 Lines is hoofsaaklik betrokke in minder gegoede gemeenskappe op die platteland, waar die behoefte groot is, maar hulpbronne en kennis meestal beperk is.

Probleemstelling:
Ons land en veral die jongmense van ons land beleef tans baie uitdagings en baie van hulle leef in moeilike sosio-ekonomiese omstandighede, dikwels sonder hoop en rigting. Ons glo goeie leiers en mentors is onontbeerlik om hierdie jongmense te help om nie net hul uitdagings die hoof te bied nie, maar ook om hul identiteit en hul potensiaal te ontdek en te ontwikkel.

Ons is oortuig daarvan dat sport ‘n baie effektiewe medium is en kan wees om individue en gemeenskappe te bemagtig en toe te rus met die nodige vaardighede vir sukses op die sportveld en in die lewe. Verder kan sport ‘n baie effektiewe brugbouer wees tussen mense en gemeenskappe en en ook om ruimtes te skep waar individue hul Identiteit in Christus kan ontdek. Ons besef en beleef daagliks hoe strategies afrigters/leiers is in die proses om potensiaal te ontsluit in en deur sport. Die oogmerk van 4 Lines Sports Coaching is om te belê in afrigters en leiers wat dan belê in hul spanne en gemeenskappe.

“Jy dan my seun wees sterk in die genade wat ons in Christus Jesus het. Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer.” 2 Timotius 2:1-2

Intervensie:
Afrigters en gemeenskapsleiers is strategies geplaas en kan deur die volg van ‘n holistiese, waarde-gebaseerde benadering 'n beduidende invloed in die lewens van spelers te hê, mits hul intensioneel is met dit wat hulle afrig en modelleer. Benewens die fisieke, emosionele en geestelike ontwikkeling van individue en gemeenskappe, skep sportdeelname ook geleenthede vir die kweek van ‘n gesonde lewensstyl en belangrike lewensvaardighede.

4 Lines rus afrigters toe en ondersteun hulle d.m.v. die “TEAM” beginsel, wat onder meer die volgende:

4 Lines is tans betrokke by gemeenskappe, skole en kerke in onder meer die Helderbergkom, Stellenbosch, Paarl, Grabouw, Piketberg, Ceres, die Koue Bokkeveld en onderneem ook van tyd tot tyd kort termyn uitreike.Die hooffokus (80%) van 4 Lines se werk is op gemeenskaps- en sportontwikkeling en (20%) op opleiding en ander konsultasie werk aan Hoër onderwysinstansies, klubs, skole, individue en ander instansies in die sport industrie.

4 Lines fokus daarop om afrigters en leiers in gemeenskappe te bemagtig en die pad saam met hulle te loop. Om beywer ons daarvoor om deur die deel van kennis, ervaring en passie die leiers te help om uiteindelik so effektief te wees dat nie meer afhanklik is van die hulp instansies soos 4 Lines nie.

Huidige betrokkendheid en fokus:
1. REP (Raeda enim potenta - Coaching 4 potential) projek fokus op mentorskap van afrigters en gemeenskapsleiers
Rasionaal: Inbou in die lewens van gemeenskaps- en amateur afrigters
Metodiek: Koffie afsprake, praktiese raad en insette en beskikbaarstelling van hulpbronne
Meetbaarheid: Meer intensionele en waardegebaseerde impak as afrigters
Een jaar doelwit: Mentor van 10 afrigters deur die jaar (ontmoet 2 maandeliks)

2. Maandelikse afrigtingsforum en jaarlikse 4 Lines Seminaar
Rasionaal: Veilige ruimte waar afrigters kan deel, bemoedig en bemagtig word
Metodiek: Maandelikse ontbyt waar spreker relevante onderwerp toelig met verdere groepsbespreking
Meetbaarheid: Wees profetiese stem in sportwêreld en verhoog effektiwiteit van afrigters
Een jaar doelwit: 10 Afrigigtingsforums per jaar, 2 seminare en/of werkswinkels per jaar

3. Vestiging van volhoubare sportontwikkelings sisteme (Gemeenskapsgerig, skole/klubs en plase)
Rasionaal: Skep kapasiteit by leiers en gemeenskappe om volhoubare sisteme te vestig
Metodiek: Betrokkenheid by geselekteerde gemeenskappe deur leiers en gemeenskap te bemagtig d.m.v. die TEAM beginsel
Meetbaarheid: Lang termyn doelwit: Gemeenskappe waar sport sinvol beoefen kan word met minimum afhanklikheid van buite hulp/skenkings
Een jaar doelwit: Betrokkenheid by 4 gemeenskappe (Piketberg, Monteith, Macassar,Legacy en Strand en moontlik op Kaapse vlakte)

4. Championship toffies (Lewensvaardigehede in sport projek)
Rasionaal: Aanleer van lewensvaardigehede is essensieel vir sukses in sport en die lewe
Metodiek: Aanbied van werkswinkels, afrigtingsklinieke en verspreiding van materiaal
Meetbaarheid: Sportmanne en –vroue wat met goeie karakter optree op en van die veld af
Een jaar doelwit: Meesterhandleiding en 2 opleidingsgeleenthede per jaar

5. Plaaslike sport geleenthede (FUN Friday, afrigtingsklinieke en sportkampe)
Rasionaal: Bedien plaaslike gemeenskappe deur sport en afrigiting en sportbediening met behulp van vrywilligers. Fokus op genot, en bou verhoudings deur middel van spel en sport. Verspreiding van toerusting soos beskikbaar
Metodiek: Aanbied van afrigtingsklinieke deur vrywilligers (o.a. tieners) d.m.v. portuurgroep afrigting in gemeenskappe; betrokkenheid by sportkampe saam met vennote
Meetbaarheid: Bemagtiging en ondersteuning van plaaslike afrigters en gemeenskapsleiers
Een jaar doelwit: 24 linieke per jaar (moontlik deel van ander projekte)

6. Korttermyn uitreikgeleenthede (Nasionaal en internasionaal)
Rasionaal: Fokus op die ondersteuning en versterking van bestaande sportbedienings inisiatiewe en netwerkte – nasionaal en internasionaal (op uitnodigning)
Metodiek: Vennootskap met plaaslike bedienings en netwerke. Aanbied van afrigters opleiding, klinieke en kampe.Benut ander geleenthede tot diensbaarheid.
Meetbaarheid: Bemagtiging van plaaslike kerke en bedienings in en deur sport
Een jaar doelwit: Geskied op uitnodiging. Moontlike uitreik na Oekraìne in 2020

7. Ontwikkeling van materiaal en hulpbronne vir volhoubare sportontwikkeling
Rasionaal: Vertaal hulpbronne na “taal” van konteks in gemeenskappe met uitdagings
Metodiek: Ontwikkeling en aanpassing van bruikbare materiaal
Meetbaarheid: Toepassingsvaarwe van hulpbronne tot voordeel van gemeenskappe
Een jaar doelwit: Deurlopende proses

8. Opleiding en konsultasie werk in die sportindustrie op aanvraag*
*Detail op aanvraag beskibaar

Word ‘n vennoot in die werk van 4 Lines Sports Coaching:
Die werksaamhede van 4 Lines Sports Coaching word behartig deur ‘n klein groepie vrywilligers wat op ‘n deeltydse basis betrokke is by die werksaamhede en projekte van 4 Lines.
Strategiese vennote, donateurs en medewerkers word tans genader om deel te word van die werksaamsaamhede van 4 Lines Sports Coaching. Oorweeg dit asseblief om my vennoot te word in die uitvoering van hierdie.
Kontak ons gerus indien u meer inligting benodig oor die werksaamhede van 4 Lines Sports Coaching of oor hoe u betrokke kan raak.
Groete.
Hendré Smit en Ilse Anthonissen

Boek gerus ons facebook bladsy by: /4 lines sports coaching

Projekleier:  Anton Engelbrecht

Ons streef daarna om mense met fisiese- en/of verstandelike gestremdhede in die Helderberg-kom se lewenskwaliteit te verbeter deur instansies, naasbestaandes en personeel wat hierdie gestremdes versorg, op geestelike, finansiële en persoonlike vlak te ondersteun. Bewusmaking en destigmatisering van gestremdheid geniet ‘n hoë proriteit ten einde dit vir persone met gestremdhede makliker te maak om aanvaarding en ook selfverwesentliking in die breër samelewing te vind.

Hierdie projek skoei hul werksaamhede op die wysheid van Nelson Mandela wat gesê het: “ Wanneer ons ons lig laat skyn, laat ons ander onbewustelik toe om dieselfde te doen “

Die projek  se doel is om 'n verskil te maak in die lewens van gesteremdes, waar die behoefte ookal bestaan.

Om ons hemelkinders, asook volwassenes wat met gestremdheid saamleef, se lewenskwaliteit te verbeter, benodig ons finansiële ondersteuning en tyd en gawes van vrywilligers.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri