'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Om ‘n gelowige te wees, is nie net om te wag vir die wederkoms nie, maar om vandag reeds die lewe te vat en voluit jou beste te gee. Om in jou omstandighede wat dit ook al kan wees te kies om die oorwinning van Jesus te vier. Dit is egter nie altyd maklik nie want ons word soveel keer verblind deur die wêreld om ons. Die wêreld trek 'n sluier oor ons oë en hulle maak ons glo dat dit die werklikheid is. Paulus kom sê vir ons in Efesiërs dat dit nie 'n nuwe ding is nie, maar dat dit die dieselfde plan is wat die duiwel al vir eeue gebruik. Hy help ons dan om te bid om die lewe te leef met die krag van God.

Daarom, vandat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges, hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. (Efesiërs 1:15-23)

Hierdie Sondag staan ons aan die ontvang kant van hierdie gebed kom beleef dit saam met ons.

Groete
Paul Barnard

Dinge vir die basaar vorder. Ons gaan gereeld vra waar jy dalk betrokke wil raak. Alle navrae oor die basaar kan vir Odette gestuur word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die opstanding van Jesus het die wêreld verander. Dit het 'n radikale verskil gebring in hoe gelowiges na die lewe kyk. Wat is hierdie verskil? Nog belangriker: Hoe ervaar jy die verskil in jou uitkyk op die lewe? Dit is waarmee ons besig is by Helderberg se eredienste in die 5 weke na Opstandingsondag. Die lewende Jesus laat jou regtig lewe.

Sondag se skriflesing is 1 Petrus 1:3. Jy is welkom!

Danie Möller

Die Truth2kids projek hou vanaf 12-14 Mei ‘n kamp by Kleinmond vir kinders vanaf gr 4-6 van ons Bybelklubs in Sir Lowry’s Pass en die Strand. Ons tema is “Jy is Myne” en ons wil graag kinders begelei om God as Vader beter te kan leer ken. Daar gaan ook lekker speletjies, saam sing en ander pret aktiwiteite wees.

Ons sal so dankbaar wees as daar dalk mense is wat bereid is om van die kinders te help borg om op die kamp te kan gaan deur R200 of enige bedrag bydrae te maak, aangesien daar ‘n hele paar van hulle is vir wie dit moeilik is om te betaal. Bydraes soos langlewemelk, koekies, beskuit, maalvleis of tuna sal ook baie welkom wees. (Dit kan by die kerkkantoor afgegee word, merk asb Truth2kids kamp).

Kontak Minette Krog by 083 655 011 of Antoinette Erasmus by 072 380 9205

Bydraes kan inbetaal word by: Helderberg Uitreik, ABSA Somerset-Wes, Rek.2900590094, Takkode: 632005, Verwysing: Truth2kids Kamp

Super heroes tussen ons
Ons dienssentrum voorsien waar daar nood is aan ons eie gemeente lede, Moedergemeente se behoeftige lidmate en dan ook aan ander projekte wat deel is van Helderberg Uitreik. Vanaf Eersterivier tot Sir Lowry’s Pass.

Al die voedsel wat ons aan die projekte gee moet eers opgelaai en dan verpak word volgens die grote van die projek en dit is waar ons heroes inkom.

Elke dag van die week (al 7 dae) is daar ‘n hero wat sy tyd en energie gebruik om te gaan oplaai en dan by die Dienssentrum te kom aflaai. Oggende vroeg is een van die heroes op pad om seker te maak daar is voedsel om aan die projekte te voorsien. Koue, wind en reën pla hulle nie.

Soos dinge in ons land nou staan raak die voedsel behoeftes in ons gemeenskappe al hoe groter. Ons voorsien op ‘n weeklikse basis aan meer as 5 000 kinders en 3 000 volwassenes kos. Dit sluit in 4 voorskoolse kinderprojekte, 5 sopkombuise en 9 kospakkie projekte.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Dienssentrum

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri