'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

“En die Here het vir Moses gesê: ‘Stel die Leviete beskikbaar vir my diens’”

Hierdie is ‘n geleentheid om betrokke te raak in ons geloofsgemeenskap deur diensbaar te wees in een vir die eredienste van jou keuse.

Ons Levi’s is verantwoordelik vir die volgende:
Verwelkoming by die deure voor eredienste
Gasvryheid is een van ons gemeente se waardes. Daar is niks so belangrik soos om mense tuis en deel te laat voel van ons familie nie. Al wat jy nodig het is ‘n vriendelike glimlag en ‘n omgee hart!

Opneem van die dankoffers tydens die eredienste
Die Levi’s help met die opneem van die dankoffers. Die spanleier verduidelik vir die groep waar elkeen moet diens doen. Hierdie kan ‘n lekker diens geleentheid wees vir ‘n gesin om saam dankoffers op te neem.

Uitdeel van die nagmaal
Wat ‘n voorreg om hierdie tekens aan almal uit te deel. Daar is 5 nagmaal geleenthede in die jaar. Die spanne help met die voorbereiding van die nagmaal en die uitdeel tydens die diens. Spanleiers deel almal in.

Levi’s word by alle dienste benodig. Jy kan self kies by watter diens jy wil betrokke wees. Die spanne doen tans elke 3 weke diens. Ons wil egter dringend die spanne vergroot sodat ons die opneem van die dankoffers en uitdeel van die nagmaal vinniger kan hanteer tydens die eredienste.

“Die Here is die Skepper van kleur, geur en atmosfeer!”

Kom raak deel van ons kreatiewe span en beleef die seëning daarvan om jou talente vir die Here se Koningkryk aan te bied.

Ons soek kreatief denkende mense wat kan help met die dekor op ‘n weeklikse basis of by geleentheid soos tydens Groot Lydensweek en Kersfees. Ons benodig ook skenkings of bruikleen van mooi lap, dekor items met Bybelse inslag bv kruise, kruike; kers en blom staanders, koperpotte ens.

Ons wil ook graag ‘n verskeidenheid foto’s, prente of skilderye opbou met Bybelse temas om te gebruik tydens feesgeleenthede waar ons ook die erediens dekor na die Tent laat deurvloei.

 

“ ‘n Prent spreek soms meer as woorde...”
Ons glo ‘n goeie PowerPoint is ‘n versterking van die erediens en ‘n wonderlike manier om gevoel agter woorde te sit.

Daar is kans om betrokke te raak:
PowerPoint-aanbieders tydens eredienste
Maak van PowerPoint vir spesiale geleenthede

 

“Die ruggraat van ons eredienste…”
Sommige van ons het die gawes vir daardie agter die skerm werkies wat die ruggraat is van enige geleentheid. Vir ons is julle gawes belangrik!
Daar is kans om betrokke te raak as:
Klank-operateurs tydens eredienste
Video-operateurs tydens eredienste
Tegnici wat help kyk na die toerusting en instandhouding daarvan

Kontak asb vir Claude Furniss


“Want die voorreg is MUSIEK!”

Daar is verskeie geleenthede om betrokke te raak:

Musiekgeleenthede by die klassieke diens:

Voorsangers of instrumentaliste

Enige lidmaat wat 'n passie het vir die klassieke diens, en spesifiek by die musiekbediening wil inskakel, moet asseblief hulle talente as voorsanger of instrumentalis aanbied - niemand sal weg gewys word nie. Hierdie musici sal dus die orrelis bystaan en musikaal aanvul tot 'n groter verryking van die klassieke diens se musiekbediening, en/of leiding neem by die voorspel en voorsang van veral instemmingsliedere. 

Kontak asb vir Yolanda Botha

Orrel aflosspan

Indien daar enige lidmaat is wat ook wil deel word van die orrel aflosspan, moet hulle asseblief ook die vrymoedigheid hê om hulle talente bekend te maak. Vir die van ons wat meer nootgebonde is, is daar altyd musiek. Die waaghalsiges, wat daarvan hou om te improviseer, sal vrye teuls hê tov die speel van deskante, tweede stemme, solo's, ens.

Ons hoop om binnekort 'n hele paar nuwe entoesiastiese musici by die klassieke diens te hore te kry.

Kontak asb vir Yolanda Botha

Kantory

Ons neem musikale leiding saam met die orrel en ons funksie glo ek is om 'n stemming te skep vir aanbidding, lofprysing en ook 'n uitnodiging te rig om deel te neem. Ons wil eerder aanvul as om "oor te neem".

Die commitment wat ons vra is nie regtig op papier nie, maar aangesien ons elke tweede Sondag "optree" vra ons maar net dat al die lede so veel moontlik beskikbaar sal wees vir Donderdagaande se oefeninge om voor te berei en elke tweede Sondag om beskikbaar te wees vir die erediens.

Ons benodig: Altyd nog stemme - elke party kan nog aangevul word. Mense met entoesiasme en geduld is veral welkom.

Ons hoop om binnekort 'n hele paar nuwe entoesiastiese musici by die klassieke diens te hore te kry.

 

Musiekgeleenthede by die informele diens:

Die informele diens het tans 4 begeleidingsgroepe wat een Sondag ‘n maand speel. Die groep oefen die voorafgaande Maandagaand van 18:30 in die kerk.

Kom raak deel van so ‘n span. Enigiemand met gawes op akoestiese-, elektriese - of bas-kitaar; digitale klavier, tromme, viool, trompet en voorsang is welkom.

As jy ‘n hart as aanbiddingsleier het, kom gesels met ons. Dit is ons passie ook!

 

Musiekgeleenthede by die meditatiewe diens:

Hierdie diens is gerig op ‘n meer mistieke styl en die musiek herinner meer aan Taize se styl, herhalings, eenvoud. Die musiek word tans hoofsaaklik op ‘n digitale klavier begelei. Betrokkenheid behels die speel van een Sondag in ‘n maand se twee dienste.

Ons wil ook graag die bediening uitbrei om ander instrumente soos viool, tjello, fluit ens deel te maak van die begeleiding. Hierdie instrumente sal nie ‘n vaste betrokkenheid verg nie, maar afwisselende geleenthede.

 

Musiekgeleenthede by die aanddiens:

Hierdie diens het ‘n informele karakter wat aangebied word in die Kapel. Dit vra vir minder instrumente (klawerbord, kitaar, twee stemme). Hierdie kan ‘n wonderlike geleentheid wees om in ‘n klein groepie verantwoordelikheid te neem vir die musiekbediening tydens hierdie diens.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri