'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

 

Onthou om jou huisie Saterdag te bring, ons kan nie wag om dit te sien nie.

Nou is ons in die pylvak.

Leef met hoop en verwagting, want alles gaan goed eindig.

Hoe dink jy oor die wederkoms van Jesus? Is jy opgewonde, bang, of eintlik net neutraal? Sing jy saam: “Kom Here, kom gou!”, of sê jy: “Wag ‘n bietjie Here, ek het nog ‘n paar dinge wat ek graag wil doen.”?

In ons preekreeks, Jesus Ongefilter, het ons gekyk na wat Jesus gedoen het, van sy geboorte as weerlose mense baba tot sy Hemelvaart en koningskap. Wat oorbly, is wat Jesus nog gaan doen. Hy gaan weer kom.

Hy het belowe om die werk wat Hy begin het, op aarde klaar te maak op die tyd wat die Vader daarvoor bestem het. Op die dag sal alle boosheid vernietig word, sal die Here al die trane afdroog en sal God sy woonplek by die mense kom maak. Daar sal dan ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde wees.

Hierdie belofte van Christus vul ons met verwagting en hoop en help ons om nie net uit te hou met die swaar van die lewe nie, maar om daagliks met moed en durf te werk vir die groter koms van Christus se koninkryk. Al weet en verstaan ons nie alles nie en al kan ons dit moeilik vir ons voorstel, bewaar hierdie verwagting ons van onsekerheid en wanhoop oor die toekoms en vul ons met moed en krag en deursettingsvermoë. Skriflesing is uit Openbaring 21:1-8. Sien jou Sondag.

Danie Möller

Nou raak mens darem lus vir die Basaar van 2 September.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri