'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Karen de Beer was maatskaplike werker by die Versorgingsfonds (deel van Onderlinge Sorg), asook by Helderberg Beradingsentrum. Sy is vanaf 1 Maart net betrokke by die Beradingsentrum. Hieronder is 'n brief van dankbaarheid vanaf die Versorgingsfonds:

Hierdie dankbrief word namens die Projek Versorgingsfonds (VF) se bestuur geskryf en is bedoel om Karen de Beer, wat as maatskaplike werker in diens van die VF Komitee betrokke was by die werk van die Projek VF, erkenning te gee vir haar bydraes in die vorige 12 maande.

As gekwalifiseerde en geregistreerde maatskaplike werker het Karen op ‘n deeltydse basis bygedra tot struktuur en rigting van die werksaamhede van die VF Komitee. Sy was instrumenteel in die daarstel van ‘n sterker struktuur om te funksioneer. Die VF Komitee se doel is om hulp te verleen aan gesinne van die Helderberg Gemeente in nood. Die hulp is gerig om finansiële en maatskaplike nood aan te spreek en te verlig. Karen was baie goed toegerus om hierdie twee bene van die VF Komitee te bedien.>>

Lees verder: Versorgingsfonds groet vir Karen

Wil jy die donkie wees – ‘n draer van Hoop?
Helderberg Uitreik se fees is jaarliks ‘n hoogtepunt. Hierdie jaar is ons bevoorreg om ons nuwe Uitreikbestuurder, Melanie Smit, as prediker te verwelkom by ons twee oggenddienste en die aanddiens.

Kom luister gerus wat gebeur as God jou hart aanraak om die nood raak te sien en betrokke te raak.

Die projekte stal uit in die Tent. Kom kuier en gesels met die projekleiers en hoor hoe jy betrokke kan raak by hierdie beweging wat die Hoop van Christus na ‘n wêreld in nood dra.

Melanie Smit kan gekontak word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hierdie jaar is die biddag by Helderberg Gemeente. Nooi gerus 'n vrou en kom bid saam met ons.

Ons maak bekend dat Neel Britz en Zani Malan gekies is as lede van die Kerkraad. Hulle sal dien op die Luisterspan.

Walter Savage Landor het gemeen: Music is God's gift to man, the only art of Heaven given to earth, the only art of earth we take to Heaven.

Elkeen van ons is ‘n musiekinstrument in die hand van die Groot Meester. Ons het ‘n eie unieke klank en produseer almal ons eie spesiale ritme. In die Bybel word daar musiek gemaak as die kinders van die Here fees vier, maar ook as hulle treur. Ons glo dat God daarvan hou as ons Hom loof en prys met musiek en instrumente en Hy gee ons die gawe van musiek om ons lewens, en die van ander, voller en mooier te maak.

Dit is Musica Dei se doel om hierdie Godgegewe kuns in mense te ontwikkel en gratis met ander te deel. Deur verskillende inisiatiewe soos ‘n gemeenskapskoor en –orkes, word die evangelie deur klassieke musiek en sang só uitgedra. Musici word terselfdertyd aangemoedig om hulle musiektalent vir hierdie doel in te span en verder te ontwikkel. ‘n Wye verskeidenheid konsertgangers word terselfdertyd met die Blye Boodskap bedien en op ‘n spesiale wyse deur die musiek aangeraak.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Musica Dei

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri