'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Stel jy belang? Kontak asseblief vir Leon of Ockert.

Ons is vinnig besig om in die rigting van Paasfees te beweeg. Paasnaweek het vir verskillende mense verskillende betekenisse. Dit kan wees dat ons dadelik dink aan die lang naweek en aan die planne wat ons het. Terselfdertyd is ons as dissipels van Jesus besig om onsself voor te berei vir Jesus se kruisiging. Sommige van ons is besig om te vas juis vir hierdie doel. Om gereed te wees vir die gebeure om die kruis beteken om Jesus se pad na die kruis te volg.

Hierdie Sondag luister ons na Paulus se kenmerkende woorde in Romeine 8. Paulus skryf in Romeine 2 dat die swaard van oordeel oor ons hang. Die hartseer verhaal is dat so baie gelowiges die boodskap van Romeine 8 miskyk. Die goeie nuus is dat ons wat deur Christus vrygemaak is nou leef sonder die voorwaardes oor ons kop. En dis die goeie nuus van die evangelie. Ons is vrygemaak.

Ons gesels vêrder oor hierdie lewenspad saam met Christus. Hierdie pad wat ons nou stap het steeds uitdagings en selfs oomblikke van twyfel. Steeds struikel en val ons oor sonde en ’n gebroke wêreld, maar ons doen dit genadiglik op Jesus se pad.

Deon Els

Ons sal jou weer nader aan die tyd herinner hieraan: 

Helpende hande
Daar is altyd plek in ons, Werner en Tania, se harte om nog ’n babatjie wat wag op aanneming lief te hê. Maar sonder helpende hande om doeke te ruil, melk te gee, winde uit te vryf, stories te lees en bloot net vas te hou, sou al die liefde in ons harte nie genoeg wees om op ons eie drie babatjies gelyktydig te versorg nie.

Daarom is ons by Helderberg Babas so dankbaar vir dames wat een maal per week vir drie ure lank hulle tyd en liefde vrywillig kom gee om ons kosbare babatjies te help versorg. Dit maak weer ons hande los vir nodige administrasie, winkel toe gaan of om ’n baba kliniek toe te neem terwyl ons weet die ander is tuis in veilige hande. Ons kan ook na ’n bedrywige nag of naweek, waartydens ons nie ekstra hulp het nie, net rustig saam ’n koppie koffie gaan drink, sonder om drie babatjies in die motor te laai en saam te neem.

Hierdie dames se toewyding gaan nie ongesiens verby nie. En soos wat hulle gee, so ontvang hulle ook weer, soos hulle self daarvan getuig:>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Helderberg Babas

By Helderberg Gemeente het ons hierdie week afgesluit met 7 weke van gesprekke aan tafel met Jesus. Dit was ’n spesiale tyd van ontmoetings met Jesus.

Nou draai ons fokus na Paasfees. Oor 3 weke vier ons die fees van God se lig wat die donker in die wêreld deurbreek. As deel van ons voorbereiding vir die Paasfees gesels ons hierdie Sondag by die eredienste oor Beurtkrag geloof. Is daar so iets? Hoe hou ons die ligte aan?

Jy is hartlik welkom.

Danie Möller

Hierdie naweek is 'n langnaweek en daarom sal daar ook geen jeugaksie wees nie. Sondag 26 Maart is alles weer soos gewoonlik aan die gang vir die jeug.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri