'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Jy is werksaam onder die Makwe’s

Die Makwe’s in die Noordooste van Mosambiek is nie meer vir ons vreemdelinge nie. Deur Andre en Anna-Marie Thiart wat al vir 17 jaar daar betrokke is, is ek en jy ook daar betrokke. Andre en Anna-Marie is deel van Helderberg Gemeente en is sendelinge van die Makwe Missie, ‘n projekspan van Helderberg Uitreik. Jy is dus ook daar betrokke, want ons is almal deel van dieselfde liggaam.

Drie jaar gelede is die Makwe’s geweldig ontwrig. Hulle is deur insurgente aangeval, hul huise en besittings is geplunder en vernietig. Die meeste van hulle het in vlugtelingskampe opgeëindig. Onsekerheid, vrees, hongersnood en hopeloosheid het deel van hulle lewe geword.

Makwe Missie se visie is: Om draers en verkondigers van Christus se hoop te wees tussen die Makwe mense van Mosambiek wat binne ‘n konteks leef waar baie mense hoop verloor het.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Makwe Missie

Harmony projek bied 2 keer per jaar die GriefShare en DivorceCare ondersteuningsprogramme aan. Dit is ‘n interkerklike program gegrond op Bybelse waardes om gesinne toe te rus en te ondersteun gedurende die pynlike reis van rou en egskeiding.

Ons volgende 13 wekesiklus begin Donderdag 16 Februarie 2023 om 18:00-20:00 vir die onderskeie programme. ‘n Donasie van R350 sluit die 13 wekeprogram in en ook ‘n werkboek. Registreer aanlyn asseblief by:

• GriefShare: https://www.griefshare.org/groups/163264
• DivorceCare: https://www.divorcecare.org/groups/163455 >>

Kry gerus ‘n brosjure met meer inligting by die kerkkantoor of lees meer op https://www.churchinitiative.org/

Jy hoef nie hierdie pynlike pad alleen te loop nie – daar is mense wat verstaan en jou kan ondersteun. Enigeen is welkom, ook nie-lidmate. Kontak ons ook gerus as jy op ‘n ondersteunende manier wil betrokke raak om ‘n persoon te ondersteun met die kursusfooi of as adviseur wil betrokke wees.

Rig enige navrae aan Annette Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 072 189 9360.

Hier is die datums:>>

Lees verder: Raak dood of egskeiding jou gesin?

Dit is die wegspring van ’n splinternuwe jaar. As ek terugdink aan daardie eerste dag terug by die skool dan kry ek nou nog so leë gevoel op my maag. Wat gaan gebeur? In wie se klas gaan ek wees? En nou as volwassene is ek steeds so bietjie onseker oor die nuwe jaar. Wat lê voor? Hoe gaan ek alles gedoen kry?

Hier by Helderberg Gemeente wil ons graag die jaar reg begin. Ons nooi jou daarom uit om saam met ons om die tafel te kom sit. En hierdie Sondag tydens ons eredienste gaan al 6 leraars saam gesels oor ons reeks vir die volgende 7 weke, Om die tafel saam met Jesus. Maak seker jy mis nie hierdie spesiale naweek nie. Jy is genooi. Waag dit om iemand saam te nooi.

Ons sien uit om jou te sien.

Groete, Deon Els

Sondag begin al die jeugaksie se aktiwiteite vir 2023. Om dinge makliker te maak vir Sondag is hier onder die skakels vir aanlyn registrasie.

Kleuterkerk: https://forms.gle/mF3J31AUre4S22R48

Kiddie- en Tekkiekerk: https://forms.gle/P3GBa66B2bxdWQh1A

Tienerkerk: https://forms.gle/pEs9fWW2YCN1r4rMA

Ons is baie opgewonde oor die nuwe reeks van hierdie Sondag begin:

Die boekies sal Sondag beskikbaar wees en dan van volgende week ook by die kerkkantoor. Boekies is gratis, maar 'n donasie sal waardeer word.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri