'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons skool lewer ‘n diens aan kinders met spesiale onderwysbehoeftes wat sukkel om die mas op te kom in hoofstroomskole. Ons voorsien elke leerder met ‘n individuele ondersteuningsplan en leerders vorder volgens hulle eie tempo. Ons fokus op vaardigheidsontwikkeling sodat elke leerder holisties voorbereid vir hulle toekoms. Die skool is tans oop vir kinders tussen 8-12 jarige ouderdom.

Belangstellendes kontak asseblief vir Sunet Pieterse by 084 091 6215 of e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  

 

Aangesien die Hooggeregshof die fase 3 en 4 inperkings as onwettig verklaar het en daar ‘n twee weke grasie tydperk is waartydens die Regering hierdie moet regstel, het die Kerkraad besluit om die volgende roete te volg:
• Soos wat ons tot nou toe die riglyn van “noodsaaklike aangesig tot aangesig” byeenkomste gevolg het, gaan ons hiermee voort totdat daar meer klarigheid kom oor die inperkings op getalle van mense wat mag byeenkom.
• Dit beteken dat alle eredienste, bidure, kleingroepe, vergaderings en soortgelyke byeenkomste wat enigsins elektronies kan plaasvind, wel so gedoen sal word.
• Begrafnisse sal of in die kapel (beperk tot 30 mense) of in die kerk (beperk tot 50 mense) plaasvind. Dit sal geld vir begrafnisse van lidmate sowel as persone buite die gemeente. Die streng bepalings van toegang, sanitering en afstand beperking sal van toepassing bly.

• Byeenkomste wat “aangesig tot aangesig” genoodsaak, soos byvoorbeeld berading, pastorale gesprekke, troues en tipiese “anoniem” gesprekke, sal wel onder streng voorwaardes in die lokale wat beste daarvoor ingerig is, toegelaat word. Dit sal geld vir beide ons eie sowel as gesprekke wat uit die gemeenskap geïnisieer word. Vir laasgenoemde sal die normale huurproses geld.
• Odette Stemmet, ons “compliance officer”, sal by alle geleenthede teenwoordig wees. Indien die geleentheid buite haar normale werksure val sal sy deur die gebruiker vergoed word teen R500 per geleentheid. Onder geen omstandighede sal die sleutels aan ‘n gebruiker gegee word nie.
• Huurders van die fasiliteit sal aanspreeklik gehou word vir die skoonmaak van die fasiliteit. Dit sal vooraf met die gebruiker ooreengekom word. Indien die gebruik in ‘n situasie van “deep clean” ontwikkel sal die gebruiker ook daarvoor verantwoordelik gehou word. Kwotasies om die kapel te “deep clean” is ingewin en beloop sowat R 2 300.
• Indien die regulasies of die situasie van ons gemeente verander sal die leraars-groep en die Fasiliteitespan vergader en ‘n nuwe voorstel aan die Kerkraad voorlê.

Hierdie dokument sal aangepas word soos die regering se regulasies verander.

Verskeie tegnieke word gebruik om kinders tussen die ouderdomme 4 en 18 te ondersteun en toe te rus met vaardighede om hul situasie beter te kan hanteer.

Onderwerpe wat aangespreek kan word tydens hierdie terapie sluit onder meer gedragsprobleme en trauma in.

Kontak Meagin van der Westhuizen, geregistreerde Maatskaplike werker vir meer inligting.

Kom gesels gratis met ‘n mediese dokter by die Beradingsentrum oor jou onsekerhede of vrese. Met jou toestemming verkry ons die uitslae en bespreek wat om te verwag voor, tydens en na die tyd. Die fokus is om jou emosioneel te ondersteun, geen mediese dienste word dus voorsien nie.

Verder nooi ons jou uit om ons in kennis te stel van familie of vriende wat gesonheidsuitdagings beleef. Ons span omgee-mense wil graag ondersteuning bied in die vorm van hospitaal- of tuisbesoeke.

Die idee agter die DIY-oggende is om enige persoon in die gemeenskap uit te nooi om saam te kuier en iets te maak. Ons volg nie ‘n spesifieke program nie maar wil eerder net ‘n ruimte skep waar mense ander mense kan leer ken en gemaklik saam kan kuier.
Waar: Die tent
Tyd: 10:00-12:00
Datums 2018: 15 Augustus, 19 September, 17 Oktober en 21 November

Enige iemand wat lus is om iets te maak en lekker saam te kuier is welkom.

Donasies vir Helderberg Beradingsentrum.
Navrae: Meagin 021-851 5582

 

   

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri