'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood


 

 

 

 

 

 

 

 

“When we talk about the Bible, I feel like I can relax.... because God is with me.” Hierdie woorde van ‘n gr. 1 dogtertjie tydens ‘n Bybelklub het my diep geraak. ‘n Gr. 2 seun moes mondeling praat en vertel wat sy kosbaarste besitting is. Opgewonde bring hy toe sy Bybel saam skool toe en kom wys vir my ook dat dit sy kosbaarste besitting is.

Die visie van die Truth2kids projek is om die Waarheid van God se Woord aan kinders te bring sodat hulle Christus sal ken en volg. Ons is baie dankbaar vir geleenthede om weeklikse Bybelklubs te kan hou by verskillende skole, kleuterskole en in die gemeenskap. So kan ons tans omtrent 1 600 kinders bereik in 39 Bybelklubs. Ons fokus hierdie kwartaal o.a. op die “Ek is” uitsprake van Jesus en doen dan Bybellesse wat verduidelik dat Jesus die Lig vir die wêreld, Brood van die lewe, Goeie Herder, Opstanding en die Lewe, en die Weg die Waarheid en die Lewe is.>>

Ons kon ‘n baie spesiale kamp in Mei hou vir 52 kinders. Die tema was “Jy is Myne”. Die kinders is bederf met o.a heerlike kos, speletjies, “marshmallow” braai en die Jesus-film vir kinders. Die lofprysing was ‘n hoogtepunt en kinders het gesê dat hul die kamplied nooit sal vergeet nie. Aan die einde van die kamp het van die kinders geskryf: “Ek het geleer dat ons nie moet bang wees om vir mense te vertel van God nie.” en “Ek het geleer dat ons mekaar elke dag moet lief hê en nie lelik wees met mekaar nie.” Opleiding vir volwassenes word ook gereeld gegee om hulle toe te rus om die Evangelie op kinders se vlak te bring. Ons hou kwartaallikse werkswinkel en gee ook opleiding in klein groepe. Dis wonderlik as volwassenes getuig dat die Woord waarhede vir hulself opnuut oopgaan wanneer hul saam dink oor hoe om dit op kinders se vlak te verduidelik.

Jy kan betrokke raak: As jy iemand is wat lief is vir God en lief is vir kinders, wil jy dit nie biddend oorweeg om by ons betrokke te raak as helper by ‘n Bybelklub nie? Helpers gee bv omtrent ‘n uur vir voorbereiding en 30 min tot ‘n uur vir aanbieding op ‘n vaste tyd weekliks by een Bybelklub, maar kan ook by meer klubs help. Truth2kids gee hulp met opleiding en leasmateriaal - en jy raak deel van ‘n lekker entaoesiastiese span. Ons benodig ook tans ‘n skootrekenaar met ‘n battery wat dit moontlik sal maak om te kan werk ten spyte van beurtkrag, aangesien ons huidige rekenaar nie ‘n werkende battery het nie.

Baie dankie aan elkeen wat ons deur gebed, finansies en betrokkenheid ondersteun – ons waardeer dit so baie.

Projekleier: Sus van Niekerk by 076 7464 581 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Koördineerder: Minette Krog by 083 655 0111 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Bankbesonderhede: Helderberg Uitreik ABSA Somerset-Wes Rek: 9114 483 080 Takkode: 632005 Verwysing: Truth2Kids

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri