'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

‘n GROOT dankie aan Helderberg Gemeente vir nog ‘n jaar se ondersteuning en saamstap met die Hemel-op-Aarde Projek. Elke rand wat deur julle bygedra word, het ‘n gesiggie, ‘n naam en ‘n toekoms wat ingrypend verander word…

Ons is ons Hemelse Vader dankbaar vir die 99 kleuterskole in die Wes-Kaap waarby ons reeds betrokke kan wees. 2 590 vier- tot sesjarige leerdertjies ontvang hierdeur vroeë remediërende intervensie en 151 opvoeders word weekliks opgelei om ons program in hul eie klasse aan te bied. Ons intervensieprogram het egter ook ons Trojaanse perd geword, waarmee ons die skole kan binnegaan en die Woord van die Here deur ons opwindende boek “Kuns vir Koningskleuters”, met hierdie jong leerdertjies kan deel!

Die areas waarin ons werksaam is sluit in: Nomzamo, Asanda Village, Lwandle, Strand, Firgrove, Raithby, Macassar, Mitchell’s Plain, Khayelitsha, Delft, Kuilsrivier, Mfuleni, Eersterivier, Klapmuts, Franschhoek, Sir Lowry’s Pass, Grabouw en Botrivier. Die nood in baie van hierdie areas kan nie eens in woorde omskryf word nie, maar steeds word ons weekliks begroet met die vreugde-gesiggies van die kinders en die wonderlikste getuienisse van die opvoeders.>>

Ons deel graag: Ek stap so rukkie terug by juffrou Janetta Brinkhuis se skooltjie, Sunshine Kids, in Sir Lowry’s Pass in. Iets lyk vir my anders, maar ek kry nie dadelik my vinger daarop gelê nie… Skielik gaan daar met ‘n skok ‘n lig vir my op! “Janetta, hier is dan nou ‘n ekstra klaskamer waar jou en jou man se slaapkamer was. Hoe dan nou?” “Ja”, beduie sy, “My en my man se beddens het hier gestaan, maar daar was te veel kinders wat nog ‘n plekkie in die skool moes kry, toe verander ons ons slaapkamer in ‘n klaskamer.” “Gits, maar waar slaap julle dan nou,” wonder ek hard-op. Juffrou Janetta glimlag van oor tot oor, lig haar hande in die lug en sê: “The Lord raised us up!” Ek verstaan nie heeltemal nie, maar sy vat my aan die hand en gaan wys my hoe haar man vir hulle ‘n vertrekkie bo-op die skooltjie gebou het! Net daar beleef ek die betekenis van opoffering en vreugde deur die allermoeilikste omstandighede (Fil 1:13).

Daar is tans nog 14 skooltjies op ons HOEP-waglys. Ons sal bitter graag vir hierdie leerdertjies ook ‘n verskil wil maak. Elke R70 per maand bydrae dra 1 leerder op die program. Help ons om ‘n verskil te maak waar dit die nodigste is.

Lees meer oor HOEP by www.hoep.org.za
Facebook: Helderberg Uitreik Hemel op Aarde Projek
Bankbesonderhede: ABSA Helderberg, Spaarrekening, Rekening nommer: 9114483080, Takkode: 632005, Verwysing: HOEP + Voorletters en Van.

Stigter en Hoofbestuurder: Campher Serfontein – 078 702 7584
Operasionele bestuurder: Sunette Erasmus – 082 408 1624
Projekleier vir Uitreik: Anton van Geest – 083 377 1973

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri