'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die Truth2kids projek wil graag baie dankie sê aan elkeen wat bygedra het tot Fiela Opperman se motorfonds. Dit was ‘n gebedsaak waarvoor ons gereeld gebid en die Here vertrou het. Fiela sê: Ek wil graag persoonlik aan al die donateurs baie, baie dankie sê, vir hul onbaatsugtige liefde, aan God al die eer, dis ‘n spoggerige karretjie, ek noem haar, "Babygirl".

Fiela werk al vir baie jare in die Truth2kids projek (voorheen Kinderevangelisasie) om die Evangelie aan kinders in die gemeenskap en skole te bring. Omdat sy nie net in Sir Lowry’s Pass nie, maar oa ook in Gordonsbaai, Chris Nissen Park en Somerset-Wes werk het sy ‘n voertuig baie nodig.

Fiela se motortjie wat sy ‘n aantal jare gelede van Aaron-omgeegroep ontvang het, is in Februarie in ‘n botsing afgeskryf. Sy was nie die verantwoordelike persoon nie en ons is baie dankbaar dat daar geen ernstige beserings was nie. Die versekering se uitbetaling was ongelukkig nie voldoende om die motor te vervang nie.>>

Sedertdien het ons fondse bymekaar gemaak en uitgekyk vir ‘n geskikte motor. Dit was nie ‘n maklike taak om ‘n betroubare motor in die betrokke prysklas te kry nie.
Lea Luiten van der Riet het die behoefte bekend gemaak aan die Nederlandse Gemeente wat haar werk in SA ondersteun. Danksy hul ruim bydrae saam met plaaslike bydraes ontvang, was ons in staat om uiteindelik ‘n motor vir Fiela te kry. Ons is baie dankbaar teenoor ons Hemelse Vader wat sorg vir sy kinders. Op die foto is ‘n baie dankbare en bly Fiela by ontvangs van haar motor.

Sus van Niekerk

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri