'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Pinksterdag word beskou as die geboorte van die kerk op aarde en dit is wonderlik om te lees wat alles op hierdie dag gebeur het. In Hand 2:4 staan die woorde: “En almal is vervul met die Heilige Gees.” Hulle het gehoor dat God in die Ou Testament net vir sekere mense sy Gees gegee het, maar nou het almal die Heilige Gees ontvang. Elkeen kon in sy eie taal oor die groot dade van God praat (Hand 2:11). Ons as gelowiges is bevoorreg om hieroor te kan feesvier. Jesus se Heilige Gees is by ons. Hy help ons feesvier. Hy help ons om te volhard in die geloof. Hy help ons om die vrug van die Gees uit te leef. Hy help ons om ’n verskil te maak in ‘n deurmekaar wêreld.

Die gelowiges het in Jerusalem opgedaag vir die Pinksterfees en die Gees is op almal uitgestort. Hulle het die seën van die Gees beleef omdat hulle daar was. Ons glo dat die Heilige Gees in en deur Helderberg Gemeente se eredienste werk. Ons nooi jou uit om Pinksterfees saam met ons te ervaar.

Danie O’Kennedy

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri