'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Rampprojek
Die Noord-Kaap het die afgelope paar jaar onder die ergste droogte in die afgelope 100 jaar deurgeloop. Boere het tot 50% van hulle kuddes verloor, party selfs meer. En toe kom die reën. Almal juig! Die veld is lieflik! Die boere kan weer opstaan. Maar na die uitmergelende droogte het hulle hulp nodig.

Behoefte
Vir ‘n boerdery om lewensvatbaar te wees, het ‘n boer ‘n minimum van 500 skape nodig. Maar na die droogte is die boere nie in staat om skape aan te koop om hulle kuddes aan te vul nie. Vandat die projek geloots is, in Januarie 2022, is 1 500 ooie reeds uitgeplaas, wat reeds 'n wonderlike verskil gemaak het. Maar daar is nog baie wat hulp nodig het. Ten minste nog 3 500 skape word benodig net vir die Calvinia distrik.

Aankoop van ooie
Hantam Lewende Hawe Bk, in Calvinia, ons vennote in die projek, koop dragtige skape aan. Hulle ken die boere, die veld en skape baie goed en weet waar die grootste behoeftes is. Die boere het baie swaargekry tydens die droogte. Kom ons help hulle om weer op te staan. Jou bydrae kan beteken dat 'n boer weer sal kan boer, sy gesin kan voed, sy werkers kan betaal en sy kinders op skool kan hou.

Raak Betrokke en maak ‘n verskil
Vir meer inligting, skakel gerus die Rampfonds Projekleier, Annatjie van Niekerk by 073 191 6277 of stuur 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Ons bankbesonderhede:
Helderberg Uitreik
ABSA Helderberg
Rek nr 9114 483 080,
Takkode 632005
Verwys: Ramp Skaap

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri