'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Liefde deur stories en boeke
By Uyavula bly ons in verwondering oor hoe die Here voorsien en mense op verskillende maniere gebruik om Jesus se liefde deur boeke en stories aan laerskoolkinders te bring. Ons sien hoe iets so gewoon soos om maklike toegang tot ‘n verskeidenheid van boeke te hê, kinders se oë laat blink en hulle drome en hoop gee. Ook die liefde en omgee van “storielees-ooms en -tannies” laat kinders spesiaal en die moeite werd voel om liefgehê te word.

‘n Uyavula-vrywilliger vertel: Ek het as ‘n Uyavula-vrywilliger vir C begin stories lees toe hy in 2018 in Gr1 was. Die heel eerste keer wat ek hom by sy klas gaan haal het, was hy 'n klein seuntjie gevul met woede en frustrasie. Op pad van sy klaskamer na die kamer waar ons gelees het, het hy met 'n gebalde vuis in die lug geboks na elke venster van die klaskamer waar sy mede-leerders was. Hy was dikwels in 'n bakleiery betrokke, waarna strafmaatreëls toegepas moes word.

Die rede vir C se magtelose woede was verwerping deur sy biologiese pappa en onbevoegdheid van sy mamma om vir hom te sorg. Hy het dus gevoel dat niemand regtig vir hom omgee nie.>>

Tydens my betrokkenheid by C eenmaal per week en opvoeding deur puik onderwysers, het ek hierdie kind oor tyd 'n gedaanteverwisseling sien ondergaan: van belhamel in die klas tot ‘n voorbeeldige seun wat vir my en sy onderwysers met respek behandel en goed presteer.

Daar is soms nog hartseer agter sy mooi ligbruin oë wanneer hy praat oor sy mamma wat hy sewe jaar laas gesien het, maar hy gee graag vir sy storie-tannie drukkies en koester en bewaar die klein geskenkies wat hy soms by my kry.

C het 'n liefde vir boeke en lees ontwikkel – tot só 'n mate, dat hy sy eie boekklub onder sy maats by die skool begin het. Hulle neem saam boeke by die skoolbiblioteek uit, gesels oor die stories en ruil boeke onder mekaar uit.

Tans in Gr 5 is C steeds kinderlik opgewonde oor die stories wat hy elke Donderdag tydens ons saam lees- en geselstyd hoor. C geniet ook enige boek wat ek vir hom uit my eie biblioteek leen. Hy pas dit soos goud op en vertel graag hoe hy dit oor en oor gelees het.

Om vir C te lees vul my met dankbaarheid en vreugde en gee vir hom die vaste wete dat iemand baie spesiaal vir hom omgee. Estelle Louw 

Hoe kan jy help om ‘n verskil te maak?
- Voorlees – 1 keer per week, vir ‘n klas en/of vir 1 kind.
- Skenk netjiese gebruikte boeke of donasies vir boeke vir 5 – 13 jariges.
- Voorbidding vir die projek en almal by skole.

Hartlik dankie, aan kosbare vrywilligers en ander wat ‘n bydrae lewer. Aan die Here die eer!

Projekleier: Adéle Botha by 072 542 2563 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri