'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Welkom by ons hierdie komende Sondag. Ons het ’n besige naweek by Helderberg Gemeente en ons sien uit om jou te verwelkom. Ons 7 weke reeks – In gesprek met God sluit hierdie week af en ons is dankbaar vir wat die Here met ons kom doen het oor die laaste paar weke.

Ons sluit die reeks af met Jesus se laaste deel van die Onse Vader, “en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.” As ons dink aan versoekings dan is ons geneig om versoekings af te maak as ’n klomp dinge wat ons tog net nie moet doen nie. Ons raak vasgevang om te dink dat versoekings amper soos ’n klomp “speelgoed sondetjies” is wat ons tog net nie moet aanvang nie. En tog lees ons dat Jesus se gebed vêr dieper implikasies vir ons het. Die versoeking wat Jesus van praat is die grootste versoeking waarin ons kan verval.

Die groot vraag is, wat is die grootste versoeking? En hoekom is dit vir God so belangrik dat ons nie op hierdie een versoeking sal vasval nie?

Kom Sondag na enige van ons eredienste en kom gesels saam oor die grootste versoeking waarvan Jesus in Matteus 6 vers 13 praat.

Vrede en Seën vir jou

Deon Els

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri