'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Helderberg Uitreik se Rampverligtingfonds het kontak gemaak met ’n Suid-Afrikaanse sendelinggesin in Oekraïne.

Michele Potgieter en haar gesin woon al 26 jaar in Reni, naby die grens met Moldawië en Roemenië, waar sy en haar man ’n kerk geplant het. Hulle sien steeds om na kwesbare persone in hul dorp, en daar kom baie vlugtelinge verby.

Michele-hulle kook kos en neem dit na mense wat tot drie dae wag om die grens oor te steek. Hulle deel ook pakkies uit met basiese produkte soos meel, olie, pasta, blikkieskos, suiker, tee, kondensmelk, brood, botter, ens., soos hulle produkte in die hande kan kry. Die waarde van só ’n pakkie is ongeveer R180. Hulle gee ook babakos en doeke waar nodig.

Sy vra dat ons die dorp en mense van Reni in ons gebede sal hou.

Luister na ’n onderhoud met Michele op Radio Kansel: https://iono.fm/e/1161324?fbclid=IwAR0Bk2CIq6LIUYchYytWkGyU6ol8KYgRl4Jhc6kYlSbGgBxn0s3qVhkqLq4

Die Rampverligtingfonds het reeds ’n skenking gemaak om die kerk in Reni met hul bediening aan kwesbares en vlugtelinge by te staan. As iemand finansieel wil bydra, kan hulle dit by Helderberg Uitreik inbetaal met die beskrywing OEKRAINE.

Pia Nänny

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri