'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

’n Veilige plek
Helderberg Babas kon tussen Januarie 2021 en Februarie 2022 ’n veilige plek aan tien babas bied wat sorg en beskerming nodig gehad het. Tans bring drie klein dogtertjies groot vreugde in ons huis en harte. Die jongste twee is onderskeidelik op 15 en 27 Februarie 2022 gebore – dus nog splinternuut!

God strengthens
Op 2 Julie 2021 het ons vir baba Will by Helderberg Babas verwelkom. Will was op 27 Junie vyf weke prematuur gebore is en het net 2.110 kg geweeg. A.g.v. van sy premature geboorte moes Will taamlik intensiewe fisio- en arbeidsterapie ondergaan. Ons is baie dankbaar vir terapeute wat hulle tyd en kundigheid aan Helderberg Babas geskenk het sodat ons aan Will die beste sorg en ’n hupstoot in sy ontwikkeling kon gee. Will is op 18 November deur ’n wonderlike paartjie van Wellington aangeneem. Hulle het 14 jaar gewag om ’n baba in hulle arms vas te hou. Sy ouers noem hom nou Zeke, afgelei van Ezekiel wat beteken: God strenghtens. Ons ontvang gereeld terugvoer d.m.v. foto’s en video’s en is selfs aan die einde van Januarie met ’n besoek bederf. Zeke het beslis al sy agterstande ingehaal en is nou ’n baie besige 8 maande oue meneertjie wat groot vreugde vir sy ouers en groter familie bring.>>

Hospitaal-stories
Die voltydse versorging van babas is ook nie net heeltyd popspeel nie en vra soms groot opoffering. Twee van ons babatjies moes gedurende 2021 gehospitaliseer word. Tydelike Veilige Sorg mamma, Tania, het altesaam 29 dae en nagte onderskeidelik in Helderberg Hospitaal en Tygerberg Hospitaal saam met die babas spandeer, terwyl Werner grootlik alleen tuis met die hulp van vrywilligers na die ander babas moes omsien. Maar ook deur hierdie tyd het die Here ons in sy getrouheid gedra, ook deur die ondersteuning van ons projekspan en omgee-gemeenskap. Ons dank die Here vir sy genesende hand en dat die babas albei nou gesond is.

Net aan ons geleen
Aan die begin van Augustus 2021 het ons ook vir René ingeneem. Sy was reeds 4 en ’n half maande oud en is na ons oorgeskuif sodat ons die pad met haar kan stap rondom ’n mediese probleem. Na ’n bloedtoets wat by Tygerberg Hospitaal se pediatriese neuro-afdeling gedoen is, is die raar genetiese kondisie Spinal Muscular Atrophy (SMA) Type 1 by René gediagnoseer. Dit is ongelukkig ’n ongeneeslike siekte met ’n beperkte lewensverwagting van ongeveer 2 jaar. Dit is beslis nie goeie nuus nie en die diagnose het ook gemaak dat René nie langer aanneembaar is nie. René het so diep in ons harte gekruip dat ons besluit het om haar by ons te hou totdat die Here haar kom haal. Sy is onlangs in Werner en Tania se pleegsorg geplaas. Dit is beslis nie ’n maklike pad om te stap nie, veral nie as ons dink aan wat dalk selfs nog hierdie jaar mag voorlê nie, maar elke dag saam met haar is kosbare genade-tyd. Ons sal op 23 Maart saam met haar haar eerste verjaarsdag vier. Sy is vir ons ’n groot vreugde en seën – ’n ware engeltjie op aarde wat vir ’n tydjie vir ons geleen word. Ons is ook in haar geval dankbaar vir ’n span mediese kundiges en terapeute wat ons help met haar versorging. Ons is dankbaar dat dit op die oomblik goed gaan met René. Ons weet dat die Here ook vir haar ’n lewe in oorvloed wil gee vlg. Johannes 10:10 en dat Hy ons daarin wil gebruik.

Blye ontmoetings en herontmoetings
Ons het die afgelope jaar die geleentheid gehad om te beleef hoe vier van ons babatjies by aanneemouers geplaas is en hoe drie babas teruggegaan het na hulle biologiese mammas. Ons is dankbaar dat ons wel beskikbaar was om na die babas om te sien terwyl hulle mammas self nog onseker was oor wat hulle te doen staan in die situasie waarin hulle hulleself bevind. Dit was ook ’n voorreg om te kon deel in die vreugde van die hereniging tussen mammas en babas.

Koffie en beskuit, iemand?
Ons babaversorgers spandeer baie ure by Helderberg Babas en wanneer daar ‘n rustige oomblik is geniet ons graag ’n koppie tee of koffie met ‘n stukkie beskuit. Is daar dalk iemand wat vir ons beskuit wil bak of koop? Ons sal dit regtig baie waardeer. Skenkings kan by die kerkkantoor afgegee word.

Laaste, maar nie die minste nie...
Bid asb. dat die Here ons sal “strengthen” en dapper maak om voort te gaan om Ja te sê vir hierdie kosbare bediening, al word ons soms met groot uitdagings gekonfronteer.

Projekleier: Karin Alheit by 082 909 0204 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Helderberg Babas bestuurder en Tydelik Veilige Sorg-ouer: Tania Schultz by 084 717 0660 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri