'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die afgelope Sondag is ons geseën met pragtige eredienste. Prys die Here. Ons moes stoele indra om vir elkeen ’n plekkie te gee.

Hierdie komende Sondag, 30 Januarie sluit ons week 1 van In Gesprek met God af met die tema, God se Teenwoordigheid. Ons nooi jou uit om enige van ons eredienste te kom bywoon.

Daar is ’n gesegde wat se “Lex orandi, lex credendi, lex vivendi” wat bloot beteken – “soos mense bid, so glo hulle en so lewe hulle”. Die kernvraag wat ons vir mekaar moet vra is: Wat behels my gebede of gesprekke met God? Hoe bid ek? Wat gebeur tussen my en die Here? Ons wil graag Sondag vir jou kans gee om na te dink oor jou gebede. Wat sê my gebede oor wie God is?>>

Ons kan dus sê dat ons idee van God bepaal ons gesprekke. Die manier wat ons dink oor wie God is bepaal die wyse waarop ons bid. Ons beeld van God word reeds van ’n jong ouderdom gevorm. Ons tekste die week, Romeine 8 en Matteus 6:9 help ons om hierdie beeld of prentjie van God te verdiep. Soms gebeur dit dat ons beeld van God seerkry of skeef draai a.g.v. dinge wat met ons gebeur. Ons wonder dan waarom ons sukkel om te bid. Die Here se hart is dat ons beeld van Hom herstel sal word. HY nooi ons uit om ons prentjie te kom verdiep. Moenie die geleentheid misloop nie. As jy nuut is hier by ons, baie welkom.

– Deon Els

Indien jy die boekies elektronies wil aflaai, kliek hier. Daar is ook 'n weergawe vir Tienerkerk.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri