'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons het verlede week vertel van Lizl Botha wat as diensleraar vir Familie- en Jeugbediening beroep word. Hierdie week vertel ons van Marizanne Pfeil-Wessels wat by Hoopgeloofsgemeenskap die leraar was, maar nou ‘n beroep aanvaar het in De Aar. So skryf Marizanne:

"Die laaste twee jaar by Hoopgeloofsgemeenskap was absolute genade. Die mense en herinneringe van Hoopgeloofsgemeenskap sal nog jare lank in my hart leef. Hier het my gemeentelede beddens in my woonstel ingedra sodat my gaste nie op matrasse hoef te slaap nie, as ons selgroep gehou het, het ons kampstoele opgeslaan vir genoeg sitplek en as die jong werkendes by ons kom eet het, het ons die oggend al die meubels in die gastekamer ingedra sodat daar genoeg spasie vir almal in ons leefarea is.

Saam met hierdie spesiale mense, het ek deel geword van die Helderberg-familie – die personeel. Ek onthou my Zoom-kombuistee wat die personeel vir my gehou het asof dit gister was en al die Maandae-oggende saam bid met die personeel en die lag saam met die predikantespan. Dit alles trek saam met my na ons nuwe huis toe. Ek en my man was bevoorreg om deel van hierdie Hoopgeloof en Helderberg-familie te wees, dit was 2 jaar volgeprop met God se genade en ons sal hierdie herinneringe saam met ons neem en dit in ons nuwe gemeente gaan deel met vreugde en nostalgie.

Vir nou verruil ons die stadslewe vir die eenvoud van die karoo. As alles goed afloop hierdie week, trek ons Januarie De Aar toe waar ek as predikant beroep is. Ons is gelyktydig dankbaar en hartseer, maar ons weet God het ‘n storie om met ons daar te skryf."

Marizanne, ons bid jou die seën van die Here toe en al gaan ons jou baie mis, weet ons die Here het ‘n nuwe bediening vir jou in De Aar.

Foto: saam met Marizanne is haar man Cornél

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri