'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Helderberg Uitreik se Sir Lowry’s Pass projek fokus op die kinders van die Village. Ons bestuur sedert 2010 ‘n Kindervoedingsprogram in samewerking met inwoners soos Babsie Steyn (Sir Lowry’s Pass Primêr), Fiela Opperman (Fiela se huis-sopkombuise en Young Ones-tienerkoffiekamer) en Zelna Cupido (Kingdom Kids crèche). Behalwe vir die direkte waarde van gesonde, gereelde voeding, glo ons ook dit is een van die voorvereistes vir suksesvolle opvoeding wat weer die sleutels tot persoonlike ontwikkeling en armoedeverligting is. Tydens die grendeltyd kon ons weekliks bestanddele voorsien sodat hierdie engele in die Village vir die gemeenskap kon kosmaak. Ons het by hulle gesien wat dit beteken om Jesus se hande en voete te wees en om ander met ‘n liefdevolle gesindheid te dien.

Die SLP Leerderondersteuningsprogram het in 2014 begin en leerders van SLP Primêr wat Graad 7 suksesvol voltooi het en met hulle hoërskoolopleiding wil voortgaan, finansieel te ondersteun. Die doel van die program is om behoeftige leerders d.m.v. ‘n beurs in staat te stel om met hul hoërskoolopleiding voort te gaan en hul vordering te moniteer. Die beurs dek skoolfooie, uniforms en skryfbehoeftes. Gemeentelede se bydraes stel ons in staat om tot 20 leerders per jaar in hierdie program te ondersteun. Die SLP-projek bied ook sedert 2018 ekstra Wiskunde-tutorklasse aan hoërskoolleerders.>>

Die gemeente se bydraes en ondersteuning stel ons in staat om die kinders in die Village op verskeie maniere te ondersteun. Kom gesels asseblief met ons as jy wil betrokke raak of nuwe idees het oor hoe om die kinders van Sir Lowry’s Pass te bemagtig.

Baie dankie aan almal wat gereeld kos, speelgoed en finansiële bydraes lewer, asook die wat hul tyd en vaardighede tot die voordeel van Sir Lowry’s Pass se kinders aanbied. Ons waardeer dit opreg.

Projekleiers: Hennie en Sarita Groenewald by 083 288 1271

Projekspan: Zahn Botha, Reitz en Marie-Helene Broeksma, Chris Eagar, Hennie en Sarita Groenewald, Charl en Magdel van den Berg, Willie en Leonette Venter, Nico en Alet Vermeulen en die getroue span gemeentelede en ander Helderbergers wat ons finansieel ondersteun.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri