'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Musica Dei bring diegene wat lief is vir musiek – en daai passie wil deel met ander – bymekaar. Met ons orkes- en kooroptredes bedien ons nie net die gemeenskap met klassieke musiek nie, maar maak ook van geestelike repertoire en tekste gebruik om die Blye Boodskap uit te dra as deel van ons getuienis.

Ons was bevoorreg om vroeër vanjaar toegelaat te word in hospitale in die omgewing om ook in die gange by die kritieke sorg vir pasiënte musiek te maak. Die een dokter vertel na die tyd: “You don’t know how it is to face so much suffering and death each day. And standing in ICU, feeling as if you are in Hell, and suddenly hearing the most beautiful music, immediately takes you to the gates of Heaven.”

Die idee het ook ontstaan om met die groter orkes buite ons hospitale op te tree en op só ‘n manier ons dankbaarheid en waardering vir mediese personeel te toon. Ons dink die ergste is verby, of dat almal al gewoond sal wees aan die abnormale omstandighede van die afgelope jaar en ‘n half, maar dit is nie waar nie. Die seer en moedeloosheid is steeds daar, en die trane vloei. Dikwels kom woorde van troos nie maklik nie, maar met ons musiek kan ons mense aanspreek tot in hulle diepste wese.>>

Met die saamroep van die orkes, het ons ook weer God se hand en genade ervaar, want ten spyte van verskeie finansiële uitdagings, het musici hulle talente vrywilliglik aangebied uit oorde so ver as Paarl, Constantia en Hermanus. ‘n Hele paar spelers van die Kaapse Filharmoniese Orkes het ook ingespring, en ons sien terdeë uit na ons optredes 6 en 7 November.

As jy ‘n musiekinstrument speel, wil deel word van ‘n koor, of wil help met die logistieke rondom die reël van hierdie gratis konserte, kontak asseblief die projekleier Yolanda Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Met donasies wat ons ontvang, ondersteun ons ook behoeftige musici wat veral tydens die Covid inperkings finansieel gely het. Ons is dankbaar vir enige hulp.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri