Projekleier: Elby Meyer
Kontakbesonderhede:  St Jamesstraat 10; Somerset-Wes Tel/Faks: 021-852 5720 

By Helderberg Ontwikkelingsentrum wil ons graag ʼn langtermyn verskil maak om werkloosheid en armoede deur middel van vaardigheidsopleiding en werkplasing te help verlig. 

Studente deurloop ʼn intensiewe Huisbestuurkursus waarna ons werkverskaffingsburo suksesvolle kandidate sover moontlik in werke plaas as huishulpe, asook personeel vir gastehuise, restaurante of ander besighede. 

Ander huishulpe kry ook die geleentheid om hulself te bemagtig deur ons Kindersorg- of Gesinsmaaltyekursus te deurloop, of om in te skryf vir sommige van die vakke (Skoonmaakvaardighede, Wasgoedhantering of Kookkuns) wat tydens die Huisbestuurkursus aangebied word. 

Studente wat die kursusse bywoon vind baie baat daarby, aangesien hulle die geleentheid kry om in selfvertroue, asook ander lewensvaardighede te groei. Daar is deurentyd ʼn waglys van persone wat graag as studente wil inskryf.

Ons behoeftes:

  • “Borg ʼn student“- projek 
  • Besighede as vennote om armoede te help verlig
  • ʼn Permanente perseel met groter fasiliteite sodat meer studente gelyktydig opgelei kan word
  • Werksgeleenthede vir opgeleide studente 
  • Vrywilligers as dosente

 

Top