Dienste word lewendig uitgesaai op YouTube, gaan na YouTube en teken in by Helderberg Gemeente.
Eredienstye (somer):
08:00 Klassieke diens
08:30 Meditatiewe diens
09:00 Hoop (Sitari) - skoolsaal van Curro Skool
09:30 Informele diens
09:30 Kiddie- en Tekkiekerk
10:00 Helderberg Village - Kilberry saal
18:00 Tieners
19:00 Aanddiens
(Wintertye begin op 2 Junie 2024)
Tipiese aktiwiteite gedurende die week:
Dinsdagoggend – gebedsgroep wat bid vir die kerk en die land van 06:00-06:45, kom bid saam al kan jy dit net een keer per maand doen.
Woensdagoggend – Kreatiewe Kuiergroep kom elke 2'de Woensdag in die Tent bymekaar om 10:00. As jy lus het om iets kreatief te doen kontak vir Magdel by 082 400 0903.
Donderdagoggend – Bybelstudiegroepe. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans).
Vrydagoggend – Manne Bediening kom bymekaar in die Kapel om 06:00, hulle bid saam en gesels saam. Kontak vir Jaco by 083 675 5687 of Leon by 081 019 0710 indien jy meer wil weet.
Dan is daar ook verskeie omgeegroepe en wyksgroepe, asook ‘n groep vir jong werkendes. Gesels met René meer hieroor by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 5582, sy kan vir jou meer vertel oor al die kleingroep.
KidsXpress vier in 2021 ons 17de verjaarsdag! Toe KidsXpress in 2004 gestig is, het die Here aan ons die beeld gegee van die mosterdsaadjie, die kleinste saadsoort bekend in die Bybelse tyd.
Ons het besef dat ons klein begin, met net een gepubliseerde titel, maar dat die bediening sou groei om ‘n groot boom te word waaronder die kinders van Suid-Afrika skuiling kan vind.
Vandag kyk ons terug oor 17 jaar en meer as 40 titels wat kinders help om die Evangelie te leef, waarvan baie ook na Engels vertaal is, asook ‘n Xhosa kleuterreeks wat die Goeie Nuus van Jesus verkondig.
KidsXpress se nuutste reeks is “Ons Koning Kom”. Hier is Minette Krog van die Truth2kids-projek se indrukke van Ons Koning kom: “Kinders word op hulle vlak begelei om die breër verband te verstaan tussen gebeure in die Ou Testament en Nuwe Testament, en so die groter prentjie van God se plan raak te sien. Hulle kan opgewonde ontdek hoe God se beloftes, wat deur die profete voorspel is, honderde jare later waar geword het met die koms van Koning Jesus. Hulle leer dan hierdie Koning ken as dié Een wat gekom het om te dien, ons te red en die Oorwinnaar is.”>>
Die afgelope week se Kinderpinkster in Helderberg Gemeente het ook “Ons Koning Kom” aangebied en meer as 80 opgewonde kinders het die byeenkomste bygewoon. Hier is ‘n saamgestelde foto van Lizl Botha en van die kinders wat dit bygewoon het.
Hoe gaan dit op die oomblik met KidsXpress? As projek was 2020 uiters moeilik met feitlik geen verspreiding van ons materiaal nie. Wat ek net weer besef het uit die getuienis van die kinders wat die week Kinderpinkster kon bywoon, is dat daar steeds ‘n plek vir die skep van lesmateriaal vir kinderbediening is. Ons loof die Here vir sy getrouheid om KidsXpress te onderhou, ten spyte van die baie moeilike ekonomiese omstandighede. Die feit dat ons deel is van Helderberg Uitreik maak ‘n groot verskil en ons is dankbaar vir die finansiële, geestelike en emosionele ondersteuning wat ons ontvang.
Werner Schultz (KidsXpress)
Projekleier: Berthold Alheit
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
-boodskappe: 074 271 1589
Facebookgroep
Word gerus deel van ons Facebookgroep met die naam: Helderberg Gemeente gesels lekker
Word deel van ons WhatsApp-groep
Wil jy die skakels na die preke en ander inligting kry op WhatsApp, kliek op die skakel hieronder met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0
Of gebruik die QR kode:
- maak WhatsApp oop
- gaan na settings
- maak die QR kode langs jou naam oop
- scan ons QR kode
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Marieta Viljoen - heupvervanging
Bia Kleynhans – ICU, seldsame bloedsiekte
Salome Visagie – operasie vir breingewas
Andre le Grange – ernstig siek
Robin Furniss – herstel na operasie
Fanie Roux – kanker
Marni Rischmuller se ma Maritha – kanker
Issie Ponelis – kanker
Elmine Stickling – kanker
Jan Brits – herstel na operasie
Francois Roux – sterk tuis aan
Cecilia Lötter – sterk tuis aan
Emmie van Tonder – kanker
Susan Crafford – verswak
Ons is dankbaar:
- dat U ons gemoed vernuwe
- dat U met liefde na ons kyk
- dat U my kop oplig
Rou:
André le Grange is oorlede, ons dink aan sy vrou Isolde en familie.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of onderlingesorg@nghelder.co.za
want elkeen wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dít is die oorwinning wat die wêreld oorwin – ons geloof. 1 Joh 5:4
Liewe Lidmaat
Die POPI inligtingswet is vanaf 1 Julie 2021 inwerking en ons bevestig hiermee dat lidmate se persoonlike inligting veilig hanteer en bewaar word. Lidmate kan dmv ons webblad aansoek doen (kliek hier) om toegang tot hulle inligting te verkry. Vir verder navrae kontak gerus ons Inligtingsbeampte, Grazie Beets, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus