Teken in op ons YouTube-kanaal en kry so elke keer ‘n kennisgewing van nuwe video’s kliek op hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UChAVTuuZ0ewy6b_wy6PTZ1g
Bespreek hier vir die dienste in die kerk: https://forms.gle/YMFDbREp33YEhsfc7
Vorm sal op 'n Maandag beskikbaar wees vir die komende Sondag.
Wat 'n lekker was dit nie om soveel opgewonde maats te sien by ons afskop die afgelope Sondag. Dit het my hart met soveel dankbaarheid en vreugde gevul en laat dink aan die woorde van Jesus: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie.” Dankie aan elke ouer wat hulle doopbelofte met erns opneem.
Net ter duidelikheid vir al die nuwe ouers en maats by ons:
Almal kom in Joppe bymekaar vir die grootgroepbyeenkoms waarna die kinders in hulle kleingroepe verdeel na hul onderskeie lokale. Tref asseblief die nodige reëlings met jou kinders oor waar presies julle mekaar weer kry na afloop van die diens om enige trane en ongelukkigheid uit te skakel.
Graad 1 – Bly in Joppe en ouers kom haal hul kinders weer daar
Graad 2 – Die gang (naby die trappe by die hoofingang)
Graad 3 – Kerkkantore.
Ons sien uit na 'n heerlike kwartaal van saam aanbid en saam leer van ons wonderlike Koning Jesus en die skatte wat in Sy Woord vir ons wag. Indien enige ouer wil betrokke raak as groepleier, kontak my gerus. Ons benodig 'n pappa of twee by ons graad 1-manne.
Wanneer ons ontdek wat dit is om liefde te ontvang en self lief te hê, kom ons die naaste aan God. In ons liefde vir God is die vraag wat ons onsself eerlik moet afvra: Is ek werklik op soek na God of sy gawes?
Ons tema Sondag is “Leef met ‘n passie vir God en ‘n hart vir mense en ‘n wêreld in nood” en ons teks-gedeelte is Matt 22:37-40. Ons droom vir hierdie gemeente is dat elke lidmaat vir God met sy/haar totale wese sal liefhê en dat hierdie passie vir God aansteeklik sal wees. Ons weet dat ons in ‘n onvolmaakte wêreld leef en ons droom ook dat elke lidmaat ‘n hart sal hê vir mense wat in geestelike en fisiese nood is. Jesus beklemtoon in Matt 22 dat dit die opsomming van die hele wet is – dit is die kern van die Woord wat ons glo en wil uitleef.
Kom drink gerus ‘n heerlike koppie koffie of koue vrugtesap na die diens in die Tent. Ons koffiestalletjie waar jy ‘n cappuccino kan koop is ook weer oop. Dit is waar jy ander mense kan leer ken.
Baie welkom aan ons tieners en ouers. Dit gaan vir ons ‘n voorreg wees om hierdie jaar saam met julle geestelik in jul kinders se lewens in te bou. Graad 7 – 11 ouers word spesiaal uitgenooi om die Tienerkerk op Sondag, 26 Januarie om 18:00 – 19:00 by te woon. Kom kyk en beleef hoe ons jongmense en jul kinders die Here aanbid.
Die graad 11 ouers word dan na afloop van die Tienerkerk genooi om die dissipelskapgroep in die Jeugsentrum by te woon. Paul Barnard sal meer vertel oor die belydenis van geloof-jaar en geleenthede.
Wil jy graag ander ontmoet met dieselfde belangstellings of sport as jy – dan is ons Kuiergroepe net vir jou. Kom ontmoet ons gerus die volgende twee Sondae (19 en 26 Januarie) na die oggenddienste in die Tent en vind uit waaroor dit gaan. Daar is lyste waar jy kan aandui waarin jy belangstel bv fotografie, kunsgroep, leesklub, stafgroep ens. Enige persoon wat ‘n klub of groep wil begin of belangstel om deel van een te raak stuur ʼn e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Hier is die verkillende ingange vir Sondag se dienste:
Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Alta Foster – herstel na val
Mike Basson – herstel van longontsteking
Jannie Brewis – ontslaan uit hospitaal, besig om te herstel
Peet Venter – herstel van Covid
Linda Oosthuyzen – herstel na beroerte
Gerhard van Vuuren – herstel na beroerte
Faan van der Westhuizen – kry tans bestraling
Paulie Roux – besig met toetse
Baby Meyer – verswak
Isabel Lubbe – besig om aan te sterk
Esmirelda Beetge – ons dank die Heer vir die goeie vordering in haar herstel proses
Ronelle Foster – ons dank die Heer vir haar totale remissie na beenmurgoorplantings
Rehanna Nolte – bid saam vir haar emosionele welstand
Ons bid vir die matrikulante wie nou groot besluite moet maak tov hul toekoms.
Ons bid vir ons land se leiers vir leiding in hierdie tyd.
Ons bid vir mense in ons omgewing wat tans siek is met Covid en die wat besig is om te herstel.
Rou:
Ons dink aan Helene Swart wie se man Willem Swart oorlede is.
Ons dink aan Madelein Esterhuizen en Lizanne van Zyl wie se suster Reinette oorlede is.
Ons dink aan Theresa Diedericks en familie, haar ma is oorlede.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of ontvangs@nghelder.co.za
03.05.2021
Wêreldbiddag vir vroue
03.07.2021
Doop
03.14.2021
Belydenisaflegging
03.21.2021
Menseregtedag
03.28.2021
Groot Lydensweek begin
04.01.2021
Tenebrae ete
04.02.2021
Goeie Vrydag
04.04.2021
Doop
04.04.2021
Paasfees
04.04.2021
Dag van danksegging en verootmoediging
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus