'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die pos van die Aanbiddingskoördineerder is beskikbaar by NG Gemeente Helderberg.

Eienskappe:
Die geskikte kandidaat moet beskik oor:
- Goeie menseverhoudinge, uitstekende adminvaardighede, 'n leerbare gees en die vermoë om vrywilligers te motiveer en inspireer.
- Spanwerk en goeie kommunikasie vaardighede is nodig. Die persoon sal moet gemaklik wees om flexi-ure te werk (20 ure per week) en 'n gedeelte van hierdie ure sal op Sondae geskied.
- Sondae-ure is vanaf (08:00–11:00) daar is wel tye in die kerklike kalender wat meer sal vereis soos Groot Lydenstyd, Pinksterreeks ensovoorts.
- Uitleef van die visie en waardes van die gemeente: “Leef met ‘n passie vir God en 'n hart vir mense en ‘n wêreld in nood” (leerbaarheid; gasvryheid; deernis; en vertroue).

Kern fokus-areas:
- Koördinering van eredienste
- Koördinering van visuele aanbiedings tydens aanbiddingsgeleenthede
- Koördinering van aanbiddingspanne
- Koördinering van aanbiddingsgeleenthede
- Administrasie vir Aanbidding

Die Aanbiddingskoördineerder sal aan die Voorsitter van die bediening rapporteer.

Kwalifikasies en Ondervinding:
- Vorige ervaring van Easy Worship sal voordelig wees.
- Die persoon moet rekenaargeletterd wees in Word en Excel ten einde sy/haar verantwoordelikhede na te kom. Vergoeding: ʼn Vergoeding in lyn met die taakomskrywing en ure sal onderhandel word.

Aansoeke kan per epos gerig word aan Annette Gerber by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Paul Barnard by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die sluitingsdatum is 20 Augustus 2021 en die aansoekers wat die kortlys haal sal gekontak word.

Die NG Helderberg behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie.

 

NG Helderberg se standpunt oor selfdegeslag verbintenisse aanvaar op 24 November 2020

1. Helderberg Gemeente is ‘n gemeente wat saam met ander dissipels van ons Here Jesus Christus wil wees. Dissipelskap is Jesus se uitnodiging om saam met Hom te leef: “Jesus het na hulle geroep: “Kom, word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak!” (Mark 1:17).

2. Die reis van dissipelskap as geloofsvorming is altyd ‘n reis saam met ander waartydens ons “Christus kan leer ken, die krag van sy opstanding ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.” (Fil. 3:3:10-11) Saam met die ander is dit vir ons ‘n saak van eer om as verloste mense te lewe, want dit is God wat ons gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. (Fil. 2:12-13)

3. As Sy dissipels glo ons dat die Bybel in sy geheel en in al sy dele die Woord van God is, deur God geïnspireer en nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing en opvoeding om God se wil te gehoorsaam sodat die mens wat aan God behoort bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie taak. (2 Tim 3:16-17)>>

Lees verder: Helderberg se standpunt 24 November 2020

Die dagbestuur neem daarvan kennis dat verskeie gemeentelede e-posse ontvang het waarin ’n paar Helderberg lidmate hulle bekommernis uitspreek oor die NG Kerk se standpunt oor selfdegeslag verhoudinge en waarin lidmate gevra word om hul spesifieke saak te ondersteun. In die lig hiervan wil die Dagbestuur van die Kerkraad die volgende deurgee:

• Ons bely ons onwrikbare geloof in God Drie-enig: Vader, Seun en Heilige Gees. • Ons aanvaar die Bybel as die Woord van God en wil ons lewens daarvolgens rig.

• Ons erken die integriteit van elke gelowige wat Jesus Christus as Verlosser en Here bely.

• Ons erken dat lidmate oor die saak van selfdegeslag verhoudinge verskil, maar wil in hierdie onseker COVID-19 tyd eerder fokus op dit wat lidmate saam bind as verdeel.

• Ons glo dat die goeie nuus van die Bybel hoop bring in onseker tye.

• Ons glo dat die kern van die evangelie daarin lê dat God die wêreld so liefgehad het dat hy sy Seun Jesus Christus gegee het sodat ons met God versoen kan word.

• Ons bid dat verskille tussen gelowiges nie die getuienistaak van die kerk sal skade doen nie.

• Die kerkraad is tans in proses om aan hierdie saak aandag te gee. Kerkraadslede het vrywilliglik sessies oor die Bybel en skrifbeskouing bygewoon en ’n taakspan is aangewys om met aanbevelings na die volgende Kerkraadsvergadering (24 November) te kom rakende selfdegeslag verbintenisse.

• Besluite sal na die vergadering na die gemeente gekommunikeer word.

• Ons bevestig dat ons nie enige e-pos adresse van lidmate beskikbaar gestel het vir kommunikasie nie behalwe vir ons gemeente se amptelike kommunikasie. Ons is verbind tot die wet op die beskerming van persoonlike inligting.

• Ons glo dat die kerkraad se huidige werkswyse in die beste belang van al ons gemeentelede is, ook die gay gelowiges in ons midde.

Helderberg Gemeente het ʼn Whatsapp-nommer: 063 920 6580. Hierdie is slegs nog ʼn manier om te kommunikeer en te sê ons is hier vir jou. Dit vervang nie die webblad, e-nuusbrief, Facebook en die res van die mediums nie. Ons sal skakels oor inligting daarop plaas en as ʼn “broadcast” uitstuur. Dit beteken jy kry inligting op die groep, maar kan nie terug antwoord nie.

Kliek op een van die skakels hieronder vir jou groep, dan word jy outomaties opgesit. Hier is die groepe:

    Of gebruik die skakel op jou selfoon
Algemeen  Alle inligting soos op die webblad geplaas word, inlsluitend skakels na eredienste en e-nuusbrief. https://chat.whatsapp.com/G798zGo4z4EG4CBQO8RPDz
Kerk-en-nuus  Skakel na die eredienste van elke Sondag en e-nuusbrief. https://chat.whatsapp.com/KNqWZHQvGsWFMSRbrLVPu2 
Kerknuus-plus  Skakel na erediens elke Sondag, asook Uitreik video, liedere, besprekingsvrae en e-nuusbrief.  https://chat.whatsapp.com/DVKH1oQP7fGFFX5ehLh81b 
Events-groep Enige “event” wat by die gemeente gehou word soos gemeente braai, ete, kuier. https://chat.whatsapp.com/FHEyU7LjHbuL7FDlzbBj54 
Familiebediening  Enige aspek van Familiebediening.  https://chat.whatsapp.com/HZrs0BVdIxNJp1wctBikfD 
Uitreikbediening  Enige aspek van Helderberg Uitreik, asook getuienis.  https://chat.whatsapp.com/KAkINRQHrvnIuagQcRPNY5 
Omgee-bediening  Enige aspek van omgeegroepe en Beradingsentrum, asook Versorgingsfonds.  https://chat.whatsapp.com/BKFLps8lDaJFwi652HCyG9 
Aanbiddingbediening  Enige aspek van aanbidding, gebed, lofprysing en klank. https://chat.whatsapp.com/IPEeytzJ6B1J7TAJweHD6c 
Kerkraad en finansies Nuus en inligting van en uit die kerkraad en oor die gemeente se finansies. https://chat.whatsapp.com/Iv9s0Lp26uQ3T62KiX3cB2 
Opbou-bediening Bybelstudie, dissipelskap en kursusse (ook die Zoom-skakel vir bybelstudie). https://chat.whatsapp.com/Bp9hjLKQUH128OOZ7zmVin 
Geestelike versterking boodskappe Versie vir die dag ens. https://chat.whatsapp.com/FUVoX9e7obmDBvlvFBqQSb 
Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri