'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die pos van die Aanbiddingskoördineerder is beskikbaar by NG Gemeente Helderberg.

Eienskappe:
Die geskikte kandidaat moet beskik oor:
- Goeie menseverhoudinge, uitstekende adminvaardighede, 'n leerbare gees en die vermoë om vrywilligers te motiveer en inspireer.
- Spanwerk en goeie kommunikasie vaardighede is nodig. Die persoon sal moet gemaklik wees om flexi-ure te werk (20 ure per week) en 'n gedeelte van hierdie ure sal op Sondae geskied.
- Sondae-ure is vanaf (08:00–11:00) daar is wel tye in die kerklike kalender wat meer sal vereis soos Groot Lydenstyd, Pinksterreeks ensovoorts.
- Uitleef van die visie en waardes van die gemeente: “Leef met ‘n passie vir God en 'n hart vir mense en ‘n wêreld in nood” (leerbaarheid; gasvryheid; deernis; en vertroue).

Kern fokus-areas:
- Koördinering van eredienste
- Koördinering van visuele aanbiedings tydens aanbiddingsgeleenthede
- Koördinering van aanbiddingspanne
- Koördinering van aanbiddingsgeleenthede
- Administrasie vir Aanbidding

Die Aanbiddingskoördineerder sal aan die Voorsitter van die bediening rapporteer.

Kwalifikasies en Ondervinding:
- Vorige ervaring van Easy Worship sal voordelig wees.
- Die persoon moet rekenaargeletterd wees in Word en Excel ten einde sy/haar verantwoordelikhede na te kom. Vergoeding: ʼn Vergoeding in lyn met die taakomskrywing en ure sal onderhandel word.

Aansoeke kan per epos gerig word aan Annette Gerber by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Paul Barnard by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die sluitingsdatum is 20 Augustus 2021 en die aansoekers wat die kortlys haal sal gekontak word.

Die NG Helderberg behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri