'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons familie het die afgelope vakansie ‘n spesiale aand gehad waar ons na ou familie foto’s gekyk het. Dit was nogal baie goed om herinner te word aan die pad wat die Here met ons familie gestap het. Die ou foto’s het my gehelp om talle dinge wat ek vergeet het, weer te onthou. Dit is waaroor hierdie Sondag se eredienste gaan “Ons onthou…..”. Die Christelike geloof is ‘n “onthou geloof” en die Bybel is juis geskryf om ons te help onthou wie God is en die pad wat Hy met sy kinders gestap het.
In Josua 4:1-14 lees ons van die volk wat deur die Jordaan getrek het en hoe hulle ‘n gedenkteken van klippe opgerig het sodat hulle nooit hierdie gebeure kan vergeet nie. Wat moes hulle onthou? Vers 24 sê: “sodat al die volke van die aarde mag weet dat die hand van die Here sterk is, en sodat julle altyd vir die Here julle God ontsag mag hê.”

Wat onthou jy van God? Wat wil jy hê moet jou kinders en kleinkinders van God onthou? Wat wil jy hê moet ander mense van jou onthou?
Ons is besig met ons nuwe reeks “7 weke wat geloof laat groei” en Sondag 28 Januarie is die eerste boodskap van die reeks. Kry Sondag ‘n boekie by die kerk as jy nog nie een het nie of laai dit elektronies af (sien webblad).

Kom Sondag sodat ons mekaar kan help onthou!

Danie O’Kennedy

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri