Dienste word lewendig uitgesaai op YouTube, gaan na YouTube en teken in by Helderberg Gemeente.
Eredienstye (somer):
08:00 Klassieke diens
08:30 Meditatiewe diens
09:00 Hoop (Sitari) - skoolsaal van Curro Skool
09:30 Informele diens
09:30 Kiddie- en Tekkiekerk
10:00 Helderberg Village - Kilberry saal
18:00 Tieners
19:00 Aanddiens
(Wintertye begin op 2 Junie 2024)
Tipiese aktiwiteite gedurende die week:
Dinsdagoggend – gebedsgroep wat bid vir die kerk en die land van 06:00-06:45, kom bid saam al kan jy dit net een keer per maand doen.
Woensdagoggend – Kreatiewe Kuiergroep kom elke 2'de Woensdag in die Tent bymekaar om 10:00. As jy lus het om iets kreatief te doen kontak vir Magdel by 082 400 0903.
Donderdagoggend – Bybelstudiegroepe. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans).
Vrydagoggend – Manne Bediening kom bymekaar in die Kapel om 06:00, hulle bid saam en gesels saam. Kontak vir Jaco by 083 675 5687 of Leon by 081 019 0710 indien jy meer wil weet.
Dan is daar ook verskeie omgeegroepe en wyksgroepe, asook ‘n groep vir jong werkendes. Gesels met René meer hieroor by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 5582, sy kan vir jou meer vertel oor al die kleingroep.
Dit is lekker om met die gemeente te deel dat dit beter gaan! Ons maandelikse tekorte is minder. Dit stel ons in staat om meer te doen! As rentmeesters glo ons dat die volgende twee hoogtepunte van 2023 ‘n wesenlike rol gespeel het:
- Die basaar het verwagtinge oortref. Die deelname van baie mense het ons kollektiewe siele verkwik, maar ook die kerk se fondse versterk. Die basaar se sukses is die direkte gevolg van baie gemeentelede se harde werk en opdaag.
- Die onlangse erediensreeks oor “Dankbaarheid” is ook baie positief ontvang. Die terugvoer van gemeentelede was dat die reeks relevant en tydig was. Dit het ook ‘n merkbare verskil gemaak in dankoffers en maandelikse bydraes.
Die kerk is finansieel deur ‘n moeilike tyd, sedert COVID. Dalende bydraes, het ons finansies onder baie druk gesit. Soos by baie gesinne en besighede, was die afgelope jare “tough”. Die gevolg was tekorte op die kerk se jaarlikse begrotings. Dit het ons genoodsaak om ons reserwes aan te wend ten einde ons gemeente se opdrag van God te bly uitvoer: “Leef met ‘n passie vir God en ʼn hart vir mense en ‘n wêreld in nood”.>>
Ons wil opreg dankie sê vir elke gemeentelid wat die gemeente die afgelope tyd gehelp het. Finansieel en nie-finansieel. Deur klein en groot bydraes. Deur tyd en kundigheid te gee. Ons wil ook vir die predikante en Dagbestuur dankie se vir hulle leierskap, en konstante soeke na God se stem. Ons voel geseënd.
Al word daar, soos genoem, goed vordering gemaak met die kerk se finansies, bly daar nog baie werk oor. So ons wil gemeentelede aanmoedig om nie op te hou gee nie. Ook om aan te hou betrokke wees. Jou bydrae het ‘n impak! Dit laat God se werk in ons gemeente en buite plaasvind. ‘n Laaste gedagte:
- Dankoffers stel ons predikante en bedieninge in staat om lewens te red, gesinne gesond te maak en ‘n spasie van aanbidding te skep vir gemeentelede.
- Deur Helderberg Uitreik te ondersteun kan ons God se hoop gee aan gemeenskappe in nood.
Ondersteun dus beide, asseblief. Dit is wanneer ons God se opdrag die beste kan uitvoer. “Stronger Together” soos die Springbokke sê.
Rentmeesterspan
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
-boodskappe: 074 271 1589
Facebookgroep
Word gerus deel van ons Facebookgroep met die naam: Helderberg Gemeente gesels lekker
Word deel van ons WhatsApp-groep
Wil jy die skakels na die preke en ander inligting kry op WhatsApp, kliek op die skakel hieronder met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0
Of gebruik die QR kode:
- maak WhatsApp oop
- gaan na settings
- maak die QR kode langs jou naam oop
- scan ons QR kode
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Andre le Grange – ernstig siek
Robin Furniss – herstel na operasie
Fanie Roux – kanker
Marni Rischmuller se ma Maritha – kanker
Bazil Nunes – ICU, verswak
Issie Ponelis – kanker
Elmine Stickling – kanker
Jan Brits – herstel na operasie
Francois Roux – sterk tuis aan
Cecilia Lötter – sterk tuis aan
Emmie van Tonder – kanker
Susan Crafford – verswak
Ons is dankbaar:
- vir die riglyne in die Bybel
- dat U ‘n doel het met ons lewe
- dat U ons bevry van vrees
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of onderlingesorg@nghelder.co.za
In die liefde is daar geen vrees nie. 1 Johannes 4:18a
Liewe Lidmaat
Die POPI inligtingswet is vanaf 1 Julie 2021 inwerking en ons bevestig hiermee dat lidmate se persoonlike inligting veilig hanteer en bewaar word. Lidmate kan dmv ons webblad aansoek doen (kliek hier) om toegang tot hulle inligting te verkry. Vir verder navrae kontak gerus ons Inligtingsbeampte, Grazie Beets, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus