'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die Sri Lanka Projekspan het onlangs 20 jaar van ons betrokkenheid met die Christian Reformed Church van Sri Lanka (CRCSL) gedenk is nog steeds betrokke by 3 bedieningspunte.

As gevolg van veiligheidsredes wil ons eerder nie name en dorpe noem nie omdat hulle dalk onnodig blootstel kan word. Die projek befonds die 3 evangeliste se vergoeding, programme en toerusting. Ons het ‘n nuwe memorandum van verstandhouding onderteken wat ons werksaamhede en verhoudinge net nog verder verbeter.

Ons Uitreikbestuurder, Melanie Smit, ons vorige Uitreikbestuurder en verteenwoordiger van NG Kerk Constantia (vennoot van Helderberg Uitreik en Sri Lanka Projek), Louise Theron en die Projekleier Paul Kilian het in November 2023 besoek afgelê by ons vennoot en die missiestasies. Ons het ook vir Melanie Smit blootstelling gegee aan die kultuur en voorgestel aan al die verkillende rolspelers.>>

Ons kan rapporteer dat meer as die verwagte werk gedoen word. Die evangeliste is baie innoverend om die Woord op kreatiewe maniere by onbereikte gemeenskappe te kry. By die bedieningspunte kom mense tot bekering, dissipelmaking vind plaas, daar word intens in jeugleierskap geïnvesteer, die kerk groei en kerkplanting vind plaas. Uit die bedieningspunte ontstaan nog kleiner gemeentes wat ook fluks groei, inaggenome van die slegte ekonomiese omstandighede.

Die missiestasies se manier van kerk wees het my weer laat besef hoe nodig dit is om terug te gaan na die basiese toe. Byvoorbeeld was ons genooi na ‘n lidmaat se huis om die Here se seën op ‘n aanbou projek toe te bid. Ons het almal die geleentheid gekry om ‘n klip met sement in die fondasie te sit. Ek dink aan ons eie kerk se hoeksteen wat half verborge is en wonder hoe die hoeksteen seremonie gehou was in 1969. Dit het my diep geraak weens die feit dat hulle niks wil aanvat sonder die Here se seën nie. So wou hulle ook gehad het dat ons vir hulle moet bid, al verstaan hulle nie ons of die Engelse tale nie.

Louise het ‘n opvolg werksessie aangebied oor Trauma Incident Reduction en ‘n konferensie aangebied met die tema “Creating spaces for women to shine for Jesus”. Dit is bygewoon deur 81 vrouens uit die CRCSL se geledere van heinde en ver. Die vroue het die geleentheid gehad om hulle Skeppingsdoel te ontdek en te dink oor hul eie rol in hul gemeenskap, kerk en land. God is besig om die vrou se rol in die kerk meer prominent te maak. Om hierdie groei te sien, te ervaar en positiewe terugvoering te kry oor hoe hulle groei, maak ons bly en nederig. Hulle groei maak dat ons ook geestelik groei. Dit is juis dit waarvoor ons dit doen, om betrokke te wees waar siele gewen word vir Jesus Christus. Ons is gehoorsaam aan God se Woord om uit te reik na alle nasies, al het ons ook ons eie plaaslike uitdagings.

Die Projekspan, wat bestaan uit Dalena Spies, Louis Visagie, Louise Theron, Johan van Niekerk, Annemarie Hollenbach en Paul en Marianneke Kilian is deurgaans in noue kontak met ons vennote en die evangeliste. Ons ontvang en deel gereeld gebedsversoeke wat maak dat ons bewus is van mekaar se lief en leed. Groei is die dryfkrag wat maak dat ons betrokkenheid so kosbaar is.

Die CRCSL het dit weereens beklemtoon dat hulle ons nodig het, nie net finansieel nie, maar ook met wedersydse ondersteuning en geestelike verhoudinge. Ons is lief vir mekaar. Ons weet hulle kry swaar, maar hulle groei so dat hul geloof verdiep in God. En die beste van alles is dat hulle altyd gasvry en vriendelik is. Dis so al of God se liefde en hul geloof in Hom genoeg is.

Die projekspan kan met trots aankondig dat Constantia NG Gemeente en Somerset-Wes NG Moedergemeente nou ook ons plaaslike vennote is en elkeen ‘n evangelis van ‘n missiestasie se salaris betaal, natuurlik alles onder die vaandel van Helderberg Uitreik. Ons beoog om nog ‘n vennoot te vra om betrokke te wees sodat volgehoue ondersteuning en betrokkenheid kan voortgaan.

Helderberg Uitreik beplan ‘n korttermyn uitreik na Sri Lanka, hou dus gerus die afkondigings dop.

Die Projekspan verkeer tans onder ernstige finansiële druk wat daartoe lei dat ons nie die missiestasies kan ondersteun met bedienings- inisiatiewe en onderhoud van toerusting nie. Die rekenaar by die een missiestasie moet dringend vervang word, maar ons kan dit nie nou betaal nie. Hulle uitreik- inisiatiewe behels onder andere voedings- en Kersfees- programme, kampe, mediese hulp, Engelse klasse en kursusse. As gevolg van die “Anti Conversion Law” in Sri Lanka, kan en mag verlorenes nie direk genader word om die Evangelie van Jesus te verkondig nie, daarom die uitreik- inisiatiewe. Ons sal julle bydraes baie waardeer, en as iemand weet van moontlike donateurs om ons asseblief te kontak. Kom raak betrokke by die Projekspan deur saam met ons te bid, ons te help met die reël van fondsinsamelings en om die kommunikasie aan die vennote te hanteer.

Gebedsversoeke:
• Die beskerming van die CRCSL gemeentes in Sri Lanka;
• Die volgehoue uitbreiding van God se Koninkryk in hierdie pragtige land; en
• Projekspanlede wat veral kan help met bemarking en fondswerwing.

Indien jy graag wil deel in hierdie projek, maak gerus kontak met ons. Ons wil graag hierdie ervarings met julle deel en julle op hoogte hou. Ons het jul gebede, bydraes en belangstelling baie nodig.

Kontak gerus die Projekleier, Paul Kilian, by 083 626 4965 en of epos by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Seën
Paul Kilian

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri