'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons Kairos Gevangenis bediening se jaarprogram begin met ons langnaweek by Drakenstein met 20 van die maksimum gevangenis jong manne(16-25). Vrydag begin met ‘n video oor “God’s creation” en met die boodskap bed toe gestuur dat hulle ook weet hulle is deel daarvan en dat God hulle ook lief het. Saterdagoggend weer vroeg begin met ontbyt (ons voorsien al die etes deur die naweek). Saterdag verloop met “mask meditations” en praatjies soos: You’re not alone, Who you gonna trust en Forgiveness. Dit bou op na ‘n “Forgiveness” seremonie waar hulle ook kon besef hulle het Jesus se vergifnis nodig. Baie kom daar tot die besef dat Jesus is hulle enigste weg na vrede al bly hulle tussen die sel se vier mure.

Saterdagaand eet hulle ‘n lekker ete waar meeste van hulle vir die eerste keer in hulle lewe so aandete geniet. Getuienis soos “ Ek het gisteraand die eerste keer in 5 jaar weer die sterre gesien”, ook “ek het nog nooit rys geëet nie en dis baie lekker” en “niemand het nog ooit Jesus se liefde vir my gewys nie” laat mens met hartseer besef hoe ons so baie vanselfsprekend aanvaar en hoe min ons in die samelewing Jesus se liefde weerspieël, bewustelik of onbewustelik.>>

 

Sondag bou op na ‘n “Choices” praatjie en hoe dit jou lewe negatief of positief beïnvloed. “Father forgiveness” is ook deel van Sondag se program, omdat meeste van hulle nooit die pa-figuur gehad net nie. Daarna het ons ‘n ope afsluitingsdiens waar ondersteunende gemeentelede dit ook kan bywoon. Van die gevangenis gee hulle getuienis en ons weet ons God is ‘n lewende God as jy hoor hoe ‘n 28-bende generaal sy lewe gee vir die Here en ‘n Viëtnamese dwelm smokkelaar na die Here toe draai. Ons doel is om saaitjies te saai en vir die res van die jaar elke 2de Saterdag daai selfde saaitjies te gaan water gee. Ongelooflik hoe van daai saadjies somer op die naweek al kon groei en vrugte dra.

Baie dankie vir Helderberg Gemeente se bydrae tot die bediening.

Deon van Zyl (projekleier) by 082 903 9781 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri