'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Wat ‘n lekkerte was dit nie om die afgelope Vrydagaand die jaarlikse Graad 1-3 oorslaap weer te kon aanbied nie. Na twee jaar se uithonger en uit mis was die opgewondenheid groot. Dit was net matrasse, beddegoed, kussings, groot glimlagte en hope energie met almal se aankoms.

Daar is speletjies gespeel op Talanja se speelgrond terwyl die afwagting groot was vir hul pizza-aandete. So wonderlik dat ons gemeente-kinders ook die Tent kan geniet. Daarna het ons lekker die Here geloof en prys en saamgesels oor vriendskap. Teen 24:15 en twee flieks later, was die liggies byna almal uit met net so ’n paar langasems. Daar is maar min geslaap en teen 05:00 het die manne reeds begin roer. Lekker moeg, maar met groot glimlagte is die kinders huis toe teen 08:00. ’n Groot dankie aan al die helpers (groepleiers en tieners) wat saam gespeel het en help ogie hou het oor die kinders. Julle is ysters.

Ek vertrou dat daar nog lank gesels gaan word oor die uitslaap by die kerk en dat daar asseblief weer volgende jaar of selfs vir die groter kinders ook ’n oorslaap gereël word.

Lizl Botha

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri