Teken in op ons YouTube-kanaal en kry so elke keer ‘n kennisgewing van nuwe video’s kliek op hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UChAVTuuZ0ewy6b_wy6PTZ1g
Bespreek hier vir die dienste in die kerk: https://forms.gle/e89j7s9pW1vCY4c3A
Vorm sal op 'n Maandag beskikbaar wees vir die komende Sondag.
Paasnaweek is die hoogtepunt van ons Christelike jaar. Nie net besef ons dat Jesus Christus vir ons gesterf het nie, maar ons ook vrygekoop het. Daarom het die sonde geen houvas oor ons nie. Ons is vry!
Hierdie naweek is baie spesiaal vir ons as kinders van die Here. Kom vier Paasnaweek saam met ons deur die dienste by die kerk by te woon of deur die lewendige uitsendings te kyk op ons YouTube-kanaal. Die President het ook vir ons die vergunning gegee om meer mense in die kerk te akkommodeer. Ons vir hierdie spesiale naweek nie voorafopgeneemde dienste nie, maar wel vier lewendige uitsendings (twee op Vrydag en twee op Sondag).
Op Goeie Vrydag, 2 April, het ons ‘n nagmaaldiens om 8:00 en 10:00 in die kerk. bepreek hier asseblief: https://forms.gle/789x4mubdqViZeRY7
Op Sondag, 4 April, vier ons fees omdat Jesus opgestaan het. Dit is die gewone Sondagdienste: 08:00, 10:00 en 19:00 in die kerk, asook om 9:00 ‘n Meditatiewe diens in die Kapel. Bespreek asseblief betyds hier: https://forms.gle/EjkWcwKB9u43pA5G9
Mag Paastyd vir elkeen ‘n tyd van stilte, nadenke en ook feesvier wees, want Jesus leef – Hy het waarlik opgestaan!
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Bikers Kerk
Sondag 2 Mei, as jy graag wil deel word van die groep stuur 'n boodskap na Paul Barnard op 082 374 9520. Hou ook ons Facebookblad dop vir gereelde inligting.
Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Breda Ludik – begin met behandeling vir slukdermkanker
Rina Siebert – chemo behandeling
Estelle Louw – herstel stadig na opehart-operasie
Alta Foster – herstel stadig na operasie aan elmboog
Mike Basson – herstel van longontsteking
Linda Oosthuyzen – herstel tuis na beroerte
Gerhard van Vuuren – herstel tuis na beroerte
Faan van der Westhuizen – chemo behandeling
Baby Meyer – verswak
Ons bid ook vir ‘n veilige vakansie vir almal.
Ons bid vir mense wat werk soek.
Rou:
James Badenhorst is oorlede, ons dink aan sy vrou Annemaré en seun Vermeulen en skoondogter en twee kleinkinders.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of ontvangs@nghelder.co.za
04.23.2021
Skole sluit
04.24.2021 - 05.02.2021
Skoolvakansie
04.27.2021
Vryheidsdag
05.01.2021
Werkersdag
05.02.2021
Doop
05.02.2021
Sinodale bid- en dankdag
05.02.2021
Arbeidsondag
05.03.2021
Skole open
05.09.2021
Moedersdag
05.11.2021 7:00 pm - 7:00 pm
Omgeegroepleiersvergadering
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus