'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Eerskomende Sondag se teks is Deut 6:4-25 en ons tema “Onthou om My te onthou.” Dit gebeur dikwels dat ons dinge vergeet. En as ons ouer word, word dit net erger. Die Bybel waarsku ons teen vergeet en moedig ons aan om te onthou. In Deut 6 kom die volgende woorde voor: luister (v 4); herhaal (v 7); oppas dat jy nie die Here vergeet nie (v 12); dan moet jy vir jou kind sê (v 21).

Ons moet onthou in Wie ons glo. Ons moet onthou om die verhale oor God vir ons familie en ander te vertel. Ons moet onthou om mekaar aan te moedig om die Here in die huis en in die gemeenskap te dien. Onthou, moenie vergeet van Sondag se eredienste nie!

Danie O’Kennedy

Wil jy solank help met die basaar, hier is geleentheid om betrokke te raak: 

  

 

Indien jy dit tyd verkeerd kry, moenie bekommerd wees nie, jy kan solank kuier voor die tyd.

Soms neem ons afdraaipaaie. Dit gebeur soms met ons dat ons wetend, onwetend of selfs as gevolg van iets buite ons beheer ‘n breek maak met iets of iemand. Dit gebeur soms dat vriende en selfs familie so bietjie verder van mekaar af wegdryf. Jy staan nie een oggend op en besluit, “weet jy ek gaan stadig begin wegdryf van my vrou nie”. Nee, onder normale omstandighede maak dit nie sin nie. Verseker is dit so dat ons soms ‘n breek vat van dinge wat vir ons kosbaar is. Jy sien dit baie keer met sport. Jy is so passievol oor rolbal en vir weke is al waaroor jy kan praat en dink rolbal en dan op ‘n dag staan jy op en besluit om weer jou lank verlore fiets iewers af te stof vir ‘n nuwe seisoen. En ek wil waag om te sê dat ons dit doen in ons verhouding met God, met die kerk en ook met ons roeping. Ons dryf soms weg van wat God in ons lewens kan doen. Ek is naby genoeg om te hoor wat God sê, maar vêr genoeg om nie betrokke te wees nie. Ons waag dit om in “sleep mode” in te gaan rondom God se hartklop vir ons lewe. Ons waag dit om “af te skakel” rondom dit wat ons hier by die kerk vir God se Koninkryk kan beteken. Ons waag dit om weg te tree van ons rol wat God nodig het hier in Suid-Afrika. Dit gebeur soms onwetend, onopsetlik en buite die oog. Die spoed van die lewe het gebeur en nou staan jy maande later. Ander kere het ek weggeraak in my eie selfsugtig. Dis my voorkeer bo God. Dit is ek eerste. Dit is ander later. Die sondige natuur het terug gekruip. My eie selfsugtige gemak heers koning. Die oorsaak van my wegdryf is sonde.>>

Lees verder: Leef gefokus en gelukkig

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri