'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Waaraan dink jy as jy die woord “erfenis” hoor? Iets wat jy ontvang? Of iets wat jy gaan gee?

Dit is Sondag Erfenisdag in Suid-Afrika. Mense koppel die dag graag aan ons kultuur-historiese erfenis – en vir baie is dit braaidag. Geniet dit as jy kan, maar dink vir ‘n oomblik ook oor ons geestelike erfenis.

‘n Erfporsie is iets wat jy gaan ontvang of reeds gekry het, en jy besluit wat jy daarmee maak. ‘n Erfporsie is ook iets wat jy gaan nalaat aan ander.

As lede van Helderberg Gemeente is ons geseënd met die erfenis wat ons voorgangers vir ons gelos het. Ons het deel van die Helderberg familie geword en ‘n gemeente geërf wat leef met ‘n passie vir God en ‘n hart vir mense en ‘n wêreld in nood. Ons het mense en bedieninge en fasiliteite; en meeste van ons het dit net so gekry. Wat maak ons hiermee en hoe gaan ons dit laat groei? Of is ons net hier om hierdie erfenis op te gebruik? Het ons ook God se roeping vir die gemeente geërf?

1 Petrus 1 vertel dat die volgelinge van Jesus ‘n nuwe lewe gekry het. Maar nog meer. Ook ‘n lewende hoop op ‘n onverganklike erfenis in die hemel. Die unieke van hierdie erfporsie is dat ons genooi word om dit te deel. Om ons kinders en kleinkinders en vriende en kollegas en bure – almal saam te laat erf.

Groete
Danie Möller

Kontak vir Grazie Beets by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., sy help graag.

Een van my vriende het ’n sê-ding waarvoor hy lief is: “Yesterday is history, tomorrow is a mystery, today is a gift of God, which is why we call it the present”. En hy is waarskynlik reg. Wie sal waag om met hom te stry? Maar die realiteit is dat die dag-tot-dag lewe voel nie altyd so rooskleurig nie. Die “grind” van lewe gebeur teen die spoed van ’n 100 tree per minuut en 50 eposse ’n dag. Ons luister WhatsApp voice notes teen dubbel (x2) die spoed, ons kyk Netflix en “skip” die “intro” want my tyd is kosbaar. Soos my Tegniese Tekeninge meneer altyd gesê het: “Mense, die lewe wag vir niemand nie”.

Sondag gesels ons oor mens-wees in die 21’ste eeu. Wat is God se verwagting met ons huise? Waarheen roep die Here jou binne jou familie, gesin en vriendekring? Wat doen ons met ons tyd? Watter rentmeesters is ons van die tyd wat vir ons gegun word?

NEEM ASB. KENNIS - Sondag is ’n familie-erediens. Die kleuters, tekkies en tieners kom saam met ons na die erediens. Geen jeugaksies in die oggend nie. Tienerkerk gaan 18:00 voort.

Tydens die Informele erediens gaan Laerskool De Hoop se koor vir ons sing en tydens die Klassieke erediens word ons bedien met spesiale liedere.

Groete,
Deon Els

Ons sal beslis weer so lekker saam wil werk en kuier.

Na die 2'de diens is 'n kuiergeleentheid vir die hele familie. Bring 'n bord eetgoed en almal deel en eet saam in die Tent.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri