'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons het hom hoor preek, gesien op Facebook en YouTube, maar nou wil ons nog bietjie meer weet van Deon Els. Lees gerus die stukkie wat hy geskryf het oor homself en sy familie.

Wie is die Else?
Vir almal wat wonder, ons is ongelukkig nie familie van Ernie Els nie. Ek het ’n liefde vir die sport, maar sonder besonderse talent. Ek en Liesel het mekaar as studente by Tukkies ontmoet en is in 2012 getroud. Liesel is ’n pediatriese fisioterapeut wat spesialiseer in die neurologiese ontwikkeling van kinders en babas. Oor die laaste 5 jaar het sy ’n praktyk opgebou in Gqeberha (Port-Elizabeth) wat 3 hospitale se neonatale intensiewe sorg eenhede behandel het. Ons het twee dogters, Olivia (3 jaar) en Emily (4 maande) wat ons lekker aan die gang hou. As gesin geniet ons dit om te kamp en gaan stap graag met ons honde. Twee groot passies in ons huis is branderplankry en fietsry. Ek luister graag Spoegwolf en sal nog eendag ’n vertoning in die botaniese tuin wil bywoon.>>

Lees verder: Vertel vir ons meer van Deon...

Twee gemeentelede van Helderberg Gemeente sal in Mei aan die Red-’n-plaas-Camino deelneem om bewusmaking te doen oor die feit dat die droogte in die Noord-Kaap nog nie gebreek is nie, en om geld vir die NG Kerk in Noord-Kaapland se rampdroogteprojek in te samel.

Hannes Theron, afgetrede leraar van Helderberg Gemeente, en Pia Nänny, projekleier van Helderberg Uitreik se Rampverligtingprojek, sal van 8 tot 22 Mei die Boesmanland Camino, wat oor meer as 300 km strek, saam met ’n groep stappers met dieselfde doel aandurf.

Volgens Hannes, lê die landbou hom na aan die hart, en vind hy die droogte en die uitwerking daarvan op gemeenskappe en gemeentes baie ontstellend.
“Die droogte is soos ’n boom wat val. As die boom val, beteken dit nie net daar is nou vuurmaakhout nie. Die voëls verloor hul tuiste, die insekte verloor hul kos, die eekhorings verloor ’n boomstam en bokkies verloor hul skadu teen ’n fel son.

“Ek stap die Camino om ’n eerstehandse begrip van die droogte te kry, om vir die gemeenskappe te bid, hulle te bemoedig, en om te wys ek gee om.”>>

Lees verder: Stappers durf Red-’n-plaas-Camino aan

Dinge word beter, almal wag dat grendeltyd gelig moet word. Ons het ‘n behoefte om uit te kom, om te kuier om te lag en te omhels. Ons wil in vol kerke sit en saam lofprys – sonder maskers. Maar ons sukkel, hier en daar sluip ‘n geleentheid in vir lag en ontspan, maar dit is asof ons nie uiting kan gee aan hierdie behoefte om te lag en ontspan nie. Ons is emosioneel so bietjie dood of selfs so bietjie onstabiel. Ons kyk na ‘n video op Facebook en ewe skielik loop die trane. Rou, huil, seer en treur het so ongesiens verbygegaan terwyl die wêreld stukkend was rondom ons. Ons het so verslae ongemaklik alles aanskou, daar het soveel goed gebeur wat ons weet maar nooit tuisgekom het in ons emosies nie, want ons was ‘n eiland iewers alleen en kon dit nie deel nie.

Paul Barnard gaan lees uit Prediker 3 en kyk na wat God vir ons sê vir vandag. Hiermee nooi ons spesiaal almal uit wat die afgelope jaar iemand aan die dood moes afstaan na Sondag se diens. Dit sal 'n voorreg wees om jou by die diens te ontvang. Onthou ook, daar is 'n diens vir die kinders in Joppe tydens die Informele diens.

Die deurkollekte gaan vir Harmonie projek.

Ja asseblief, want jy help ons om die administrasie makliker te maak en Sondae ook meer gasvry en veilig vir almal te wees. Volgens Covid-regulasies moet ons steeds ‘n bywoningslys byhou, asook temperature neem en ‘n veilige afstand handhaaf. Die hoeveelheid mense wat in die gebou mag wees is vermeerder na 250 mense en dit kan ‘n opeenhoping veroorsaak as almal eers moet inteken by aankoms voor die erediens.

Om dit vir almal makliker te maak, kan jy vooraf op die webblad, kliek hier, bespreek of ‘n epos met jou naam, telefoonnommer en diens van jou keuse stuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. As jy nie kan bespreek nie, sal ons probeer om vir jou plek te maak, so kom steeds asseblief. Indien jy nie kerk toe kan kom nie, onthou daar is baie ander maniere wat jy die diens kan volg op ons webblad en YouTube-kanaal.

Harmonie projek wil jou graag help om jou verhoudings met God, jouself en jou geliefdes te herstel. Ons doen dit deur:
• emosionele en praktiese ondersteuning waar nood is met bv die aankoop van data, lugtyd, kospakkies en skoolfondsbydraes.
• geestelike begeleiding met die kursusse wat ons aanbied. Ons 13 weke reeks van GriefShare, Single&Parenting, DivorceCare, DivorceCare4Kids, Boundaries with Kids en Surviving the Holidays begin op Donderdag 3 Junie 2021, kliek hier vir die datums. Koste: R300 (sluit werkboek en 13 weke kursus in). Daar is borgskappe beskikbaar indien jy dit benodig.>>

Lees verder: Word jou gesin geraak deur dood, egskeiding of enkelouerskap?

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri