'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hierdie komende Sondag, 9 Mei is dit Moedersdag! Vir sommige van ons is dit ’n wonderlike viering van een van God se wonderlikste geskenke aan die wêreld. Ons tema vir Sondag se eredienste is, Die Krag van Gelowige Vroue. Ons staan stil by drie vroue, ’n tiener, ’n middeljarige en ’n ouer tannie wie se geloof, geduld en liefde die gebeure van die Bybel in ’n totale nuwe rigting laat inslaan. Inteendeel, hulle getuienis vertel Jesus sal elke keer verkondig word as daar van die goeie nuus vertel word.

Kom gesels saam met Deon Els oor die impak van vroue wat die wêreld verander. Die deurkollekte gaan vir die Uyavula Lees- en Skryfprojek.

Pinkster begin 16 Mei om 19:00. Al die dienste sal die volgende oggend om 10:00 in die kerk herhaal word vir die mense wat nie kan sien om in die aand uit te gaan nie. So moenie hierdie spesiale tyd misloop nie. Kom gerus na al die dienste en kuier lekker saam met ons, daar is ook Pinkter vir die kinders elke aand.

Ons gaan feesvier met ‘n heerlike “Praise & Worship” feesdiens om 19:00 in die kerk. Ons is opgewonde en hoop om jou te sien by hierdie eerste kuier vir die jaar. Maar ons wil ‘n veilige ruimte vir almal skep en daarom help jy ons as jy vooraf bespreek deur die skakel te gebruik: https://forms.gle/prFwGXMsjSKZSPgZ9. Jy kan ook ‘n epos stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of kontak die kerkkantoor. Ons sal altyd probeer om vir jou ‘n plekkie te maak, as jy nie bespreek het nie.

Daar gaan ook allerhande stalletjies met goedere en kos vanaf 17:00 wees om die saamkuier nog lekkerder te maak. Onthou net dat Covid-regulasies met maskers en sosiale afstand geld. Indien jy belangstel om ‘n stalletjie te bespreek, kontak asb so gou moontlik vir Corneille by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir meer inligting. Kom vier saam fees, want ons Here Leef.

Ons besef met dankbaarheid dat die Covid 19-inperkings ander geleenthede vir Uyavula gebied het om Jesus se liefde deur boeke en stories na kinders te neem. Voorheen het Uyavula-vrywilligers dit hoofsaaklik deur voorlees in 50 Grondslagklasse in gemeenskapskole, asook vir individuele kinders en by 5 leesklubs gedoen – ongeveer 2 490 kinders is bereik. Die toewyding en liefde van die vrywilligers het veroorsaak dat ons in 2020 onverwags met ‘n ATKV Veertjie vir Leesbevordering, geseën is. Dit is welverdiende erkenning aan ons vrywilligers en alle ander wat gedurende die voorafgaande 9 jaar ‘n bydrae gelewer het.

Sedert Maart 2020 is dit ‘n ander storie; besoekers word nie by skole toegelaat nie. Hierdie kinders wat feitlik almal sonder kinderboeke en stories grootword, ontbeer nou ook die liefde, aandag, asook die “leeslekkerte” wat “ooms” en “tannies” verskaf; ‘n terugslag wat hulle verder benadeel. Ons besef dus dat die insameling van kinderboeke vir elke klaskamer se leeshoekie sodat baie kinders maklike toegang tot boeke kan kry, ‘n nog groter prioriteit is. Versoeke van die opvoeders en hul dankbaarheid vir boekeskenkings, bevestig die noodsaaklikheid daarvan.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Uyavula Lees- en Skryfprojek

Ons Koning kom!
Ons is opgewonde om weer ons Kinderpinkster (gr.1 tot gr.6) te kan aanbied vanaf Sondag 16 Mei tot Sondag 23 Mei. Ek weet ons kinders is uitgehonger vir geestelike kos en om weer bymekaar te kan wees by die kerk.

Kinders word genooi om die breër verband te ontdek en te verstaan tussen die gebeure in die Ou Testament en Nuwe Testament, en so die groter prentjie van God se plan raak te sien. Kom ontdek saam hoe God se beloftes, wat deur die profete voorspel is en honderde jare later waar geword het met die koms van Koning Jesus. Jesus is die Een wat gekom het om te dien, ons te red en is die Oorwinnaar.

Pinksterweek sal ‘n week wees om tot dieper insig te kom in Bybelse waarhede en ‘n vaste geloof in God. Want, hoe beter kinders die Waarheid ken, hoe beter sal hul toegerus wees om die lewens-uitdagings te hanteer.

Kinders, kom aangetrek soos ‘n prins met jou swaard of prinses met jou tiara of sommer in jou slaapklere. Daar gaan ook elke aand ‘n gelukkige trekking gehou word.
Ons sien julle dan almal Sondagoggend 16 Mei vir die afskop in Talanja, met jou masker aan, asseblief. Daar sal ‘n klein inskrywingsfooi wees vir die week. Hou die kommunikasie dop.

Vir navrae kontak Lizl Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Corneille Barnard by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri