'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling ('n Organisasie sonder winsoogmerk met o.a. 13 huise vir jongmense in nood) en ‘n deeltydse predikant van Villieria Gemeente in Pretoria. Hy is ’n bekende spreker wat regoor die land optree en rubriekskrywer vir verskeie publikasies (o.a. Beeld, Rapport, Finesse en Kerkbode). Sy boeke “Confessions oor Kerkwees” is in 2018, en “Leef Lig” in 2021 gepubliseer.

Jaco het vir 'n tyd lank in Indië gewoon en was betrokke by verskeie projekte in Suid-Asië en Afrika. Een van Jaco se stokperdjies is roei en hy onderneem deur die jare 'n aantal solo-reise na afgeleë plekke met sy kajak. Hy is van die oortuiging dat gereelde afsondering in die natuur net so belangrik is as om in gemeenskap te lewe. Jaco het in Randburg gematrikuleer en gestudeer by die Noord-Wes Universiteit en die Universiteit van Pretoria.>>

Lees verder: Pinkster begin Sondag

Vir baie mense is dit meer ekonomies en gemaklik om klaar voorbereide kos te bestel. Voortaan maak ons dit nog makliker deurdat jy Adele’s Spyseniering se bekostigbare etes teen net R65 pp hier kan kry. Baie mense is vertroud met haar heerlike etes en partytjieborde – maar indien jy dit nog nie probeer het nie, nou is jou kans. Sy sal Donderdagaand by die Hemelvaartfees ook ‘n stalletjie hê. Dalk kan jy iemand wat jy ken bederf met so ‘n klaar ete.

Hoe gaan dit werk?
• Vir jou beplanning is daar ‘n maand spyskaart uitgewerk. Dit is saam met die bestelvorm beskikbaar op die webblad – klier hier.
• Die spyskaart vir die week sal ook op ons Faceboek beskikaar wees.
• Jou bestelling en betaling moet die vorige dag teen 8:00 by haar wees.
• Stuur dit direk aan Adele: 084 512 3005 of e-pos dit na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
• Kos kan weeksdae tussen 12:00-14:00 en Sondae tussen 11:00-12:00, afgehaal word by die kerk kombuis.
• As jy meer wil weet oor wat sy alles bied, gaan loer gerus op haar webblad: https://www.adelecater.co.za/aboutus/

Ons sien uit daarna om hande te vat met Adele’s in die gebruik van ons kombuis en vorentoe ‘n koffiewinkel hier in die Tent. Mag dit ‘n verhouding wees wat tot groot voordeel vir almal lei.

Daar gaan weer met die weeklikse Bybelstudie leiersklas op Donderdae om 08:45 begin word. Enige persoon is welkom om in te skakel. Dit gaan fisies by die kapel aangebied word en persone is ook welkom om per Zoom in te skakel. Ons moedig alle Bybelstudiegroepe aan om weer te begin. As jy by ‘n oggend Bybelstudiegroep betrokke wil raak, kan jy die leiersklas bywoon of vir Johann Swart kontak by 082 928 7596 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Donderdag wissel ons 'n paar gedagtes oor Hemelvaart waarna Danie O'Kennedy iets gaan sê oor die kerkamp n.a.v. 1 Timoteus 3. Die Zoom skakel vir Donderdag 13 Mei om 08:45 se Zoom-sessie is https://us04web.zoom.us/j/71760709548?pwd=aEJtUHhYN1ZsOXNQZThvNHJTcDR1dz09
Meeting ID: 717 6070 9548
Passcode: dP65Cj

ElizaYo is 'n projek met die fokus op die ontwikkeling van jong manne en jong vroue wat nie kanse gekry het nie. Deur hulle vaardighede te leer vir werk en sosiaal, kry hulle meer geleenthede vir werk en inkomste. Ons doen dit met die hulp van ons Hollandse stigting in Holland, maar ons wil die projek begin en laat aangaan deur en vir Suid-Afrika. Vir die jongmanne doen ons tuinopleiding en skoling. By die projek het ons 'n kwekery vir tuinplante en 'n groentetuin. Op sekere dae doen ons tuindienste by mense tuis. Indien jy belangstel dat ons jongmanne, saam met Herman, vir jou tuindienste kom lewer, kontak gerus vir Herman.

Vir vrouens doen Henrien naaldwerk en kreatiewe vaardighede. Juwele en piekniekkomberse wat ons maak verkoop ons in Holland en in Suid-Afrika. Skakel of e-pos Herman as jy betrokke wil raak by die ElizaYo projek. Ons benodig altyd plante, potte en tuingereedskap. Groot wit lappe, soos bedlinne is altyd welkom.

Herman en Henrien Lindhout 

Donderdag gaan ons feesvier. Daar is van 17:00 allerhande stalletjies met heerlike eetgoed, ‘n outydse koffiebus en goedere te koop soos die bekende 2XMooi se klere. Nooi vriende saam en kom geniet die aand. Ons wil dit 'n lekker kuiergeleentheid maak.

Vir ‘n voorsmakie van die “Praise&Worship” diens, gaan loer gerus op ons Faceboekblad. Dit sal ons baie help as jy jou plek vir die diens bespreek deur hierdie skakel te gebruik, kliek hier. Gebruik asseblief die Tent ingang vir toegang tot die kerk se diens om 19:00.

Vir navrae kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Kom vier saam fees, want ons Here Leef. Ons is opgewonde om jou te sien by hierdie eerste kuier vir die jaar.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri