'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Mense vra dikwels wat is die verskil is tussen ‘n dankoffer en ‘n geloofoffer. Ons weet dat alles wat ons het van God af kom, daarom gee ons graag uit dankbaarheid teenoor God.

Jou dankoffer is ‘n bydrae aan Helderberg Gemeente wat die gemeente in staat stel om sy visie uit te leef, nl. om met ‘n passie vir God en ‘n hart vir mense en ‘n wêreld in nood te leef. (Kliek hier vir die gemeente se bankbesonderhede). Dankoffers subsidieer ook die oorhoofse koste van Uitreikprojekte.

Jou geloofoffer is ‘n bydrae wat jy onderneem in die geloof en verwagting dat God dit vir jou moontlik maak om hierdie bydrae te maak. Dit is bo en behalwe jou dankoffer en dit gaan spesifiek vir projekte van Helderberg Uitreik, as Draers van Hoop na ‘n wêreld in nood. Jou geloofoffer kan jou tyd, kundigheid, gebed en/of jou geld wees. Jy kan die bydrae vir ‘n spesifieke projek maak, en/of vir die Waar Behoefte Bestaanfonds (WBB) van Helderberg Uitreik as steunfonds vir die uitreikprojekte, en/of vir die Bestuurskoste van Helderberg Uitreik (projekte uitgesluit). Bydraes vir Helderberg Uitreik se plaaslike projekte, sowel as die WBB fonds, asook Bestuur kwalifiseer vir Art 18A kwitansies vir belastingverligting. Gebruik die projeknaam, of WBB of Bestuur as verwysing (kliek hier vir Helderberg Uitreik se bankbesonderhede). Tans word geloofofferbydraes nie gebruik vir die oorhoofse kostes van projekte, soos tans deur die gemeente gedra, nie, tensy jy dit so spesifiseer.

Ons prediker vir die Uitreikfees is Jaco Strydom. Jaco is bekend by Helderberg Gemeente, want hy het ook verlede jaar by ons Pinksterdienste gedoen. Jaco is die leier van Echo Jeugontwikkeling ('n organisasie sonder winsoogmerk met o.a. 13 huise vir jongmense in nood) en is deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Hy is 'n rubriekskrywer vir verskeie publikasies. Meer as 200 van sy artikels en rubrieke het die afgelope tien jaar verskyn in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media, Taalgenoot en Weg. Hy is ook 'n gereelde blogger (besoek sy blog: "Anderkant die doringdraad"). Sy boeke Confessions oor Kerkwees is in 2018 en Leef Lig in 2021 gepubliseer.

Jaco het vir 'n tyd lank in Indië gewoon en was betrokke by verskeie projekte in Suid-Asië en Afrika.

Een van Jaco se stokperdjies is roei, hy onderneem deur die jare 'n aantal solo-reise na afgeleë plekke met sy kajak (roei onder andere solo vir meer as 'n maand lank vanaf Vaaldam tot by die see, ook talle soortgelyke reise o.a. na plekke in Transkei, Mosambiek, Tanzanië, Noord Pakistan, Andaman eilande). Jaco is ook o.a. “brand ambassador” vir Fluid Kayaks.

Hy is van die oortuiging dat gereelde afsondering in die natuur net so belangrik is as om in gemeenskap te lewe.

Jaco het in Randburg gematrikuleer en gestudeer by die Noord Wes Universiteit en die Universiteit van Pretoria, hy woon tans in Villieria, Pretoria.

Kom gesels gerus na die oggend- en aanddienste Sondag met die verskeie projekte by hul stalletjies in die Tent.

Louise Theron

Kontak ons by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir enige navrae oor die omgeegroepe.

Kom kry gerus vir jou ook 'n boekie vandag.

31 jaar gelede het die Here Helderberg Gemeente geseën met ‘n besonderse kosbare gesin. Dr Danie O’Kennedy word deur sy pa dr. JNF O’Kennedy as die sesde leraar van Helderberg bevestig.

Die Helderstem van 31 jaar gelede verwelkom die O’Kennedy gesin so: “Hulle is vriendelik, hulle is innemend, hulle is jonk, hulle is ernstig om die Woord van God in Helderberg te verkondig. Danie en Kobie is op 3 Februarie in die Helderberg verwelkom, en hulle is alreeds onlosmaaklik deel van die gemeente. Albei kom uit groot gesinne. Kobie, wat op ‘n plaas in die Rawsonville distrik grootgeword het, het nog twee susters en drie broers. Danie is die jongste van vyf broers, waarvan vier predikante is. Danie en Kobie het op Stellenbosch ontmoet, en is op 10 Desember 1988 getroud. Kobie se vakrigtings is Wiskundige Statistiek en Wiskunde, maar sy het besluit om voorlopig nie haar onderwysloopbaan voort te sit nie. Danie het in 1981 die MTh-graad behaal met sy tesis: Die gebed van Salomo – riglyne vir die verstaan van gebed in die Ou Testament.”

Dankie Danie en Kobie! Ons sien uit na die volgende 31 jaar!

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri