'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Gelowiges in die kerk word fyn dopgehou. Telkens lees ons van mense wat krities oor gelowiges is, maar ons hoor ook talle getuienisse waar gelowiges die liefde van Jesus Christus uitgeleef het. As mense jou nie dophou nie, kan jy nie ’n getuie wees nie.

In Hand 2:42-47 lees ons die verhaal van die eerste gemeente in Jerusalem, kort na Jesus se opstanding, sy hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees. Dit was nie ’n maklike tyd vir die eerste Christene nie. Maar Hand 2 getuig van dit wat in die gemeente gebeur het – van hulle volharding, sorg vir mekaar, toewyding en blydskap. Hierdie eerste gemeente is fyn dopgehou, maar hulle het die toets geslaag. Vers 47b sê: “....en die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het daagliks verlostes by hulle getal gevoeg.”

Ons is ‘n gemeente wat saam Paasfees gevier het. Ons wil mekaar inspireer om werklik ‘n getuienis van die Lewende Here te wees.

Danie O’Kennedy

David Koopman, nederig en 'n regte staatmaker. Hy hou van lees en sport en help graag vir ander.

Die Uyavula Lees-en-skryfprojek maak kinders se harte bly, en ook die vrywilligers wat vir hulle lees.
Hoogtepunte by Uyavula:
Die projek het vanaf 2021 reeds 4 107 boeke ingesamel en na sewe skole/instansies versprei. Vrywilligers was tydens Covid-inperkings steeds bereid om by een skool ‘n getraumatiseerde kind met liefde, aandag en stories te bedien. Drie skole het vanjaar gevra dat klasvoorlees hervat word, omdat dit so waardevol vir die kinders is. Talle kinders, uit ‘n milieu waar lees en boeke seldsaam is, het die genot en waarde van lees ontdek en vra vir meer boeke.

Bid asb saam met ons dat die Here besondere vrywilligers, voorbidders en donateurs sal voorsien. Die projek het die afgelope jaar 4 904 kinders bedien met die vreugde van lees en 91 vrywilligers was betrokke. Groot dank aan vrywilligers, skole en donateurs.

Projekleier is Adéle Botha by 072 542 2563 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

‘n Nuwe deel van hierdie bediening is ‘n leersentrum vir jong kinders. Ons sendeling, Louisa Ambati het ‘n leersentrum begin onder jong, minderbevoorregte kinders van die Yenadi stam.

Aanvanklik het ons met tien kinders begin en tans is daar vyf-en-dertig kinders wat op ‘n gereelde basis hierdie lesse gretig bywoon. Ons bereik ook ouers en grootouers deur hierdie lesse en dit is so lekker om te sien hoe opgewonde die kinders is om daagliks daar te wees. Ons leer vir hulle basiese lees, skryf en getal-vaardighede wat hulle sal toerus om in die wêreld te funksioneer en sukses te bereik. Daar is selfs oumas wat al saam met hul kleinkinders vir die eerste keer in hul lewens die geleentheid gekry het om te leer lees en skryf.

Deur skolastiese ondersteuning te bied vir leerders (veral meisies) wat nie andersins skool sou bywoon nie, maak ons nuwe deure oop vir hul toekoms. Ons bring ook die boodskap van Christus deur Bybelstories te vertel, Bybel-liedjies te sing en Jesus se omgee liefde te demonstreer aan die kinders. Die projek het die afgelope jaar 2 170 mense bereik met verskeie bedieningsinisiatiewe.

Kontak gerus die projekleier Aloës Koegelenberg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 072 200 1066 vir meer inligting.

My ma het vir ons baie stories vertel. Stories oor baie karakters en mense – van Repelsteeltjie, verby ons familiestories, tot by Daniël in die leeukuil en Jesus se leë graf. Op ‘n manier het ek as kind by haar aangevoel en geleer wat is sprokie en wat is waar.

My lewe is nog steeds vol van stories en nuus en fopnuus. Soms is dit moeilik om te weet wat regtig die waarheid is. Juis in hierdie week is daar ‘n nuusberig oor ‘n Russiese “trolfabriek” wat vals nuus oor Oekraïne moet skep en versprei. In Suid-Afrika is die beeldpoetsfirma Bell Pottinger lank betaal om ons met vals nuus, opgedis as die waarheid, te voer. Ons weet daar is steeds sulke pogings.

Hierdie soort ding kom ook al lank. Toe Jesus uit die graf opstaan, het die Joodse leiers die soldate betaal om fopnuus dat sy liggaam gesteel is, te versprei.

Tog het die waarheid van Jesus se opstanding die kern geword van ons Christelike geloof. ‘n Belangrike manier hoe dit gebeur het en steeds gebeur is deur die stories van hulle wat glo. Die storie wat ek en jy lewe, wys saam dat God se storie nie ‘n storie van strooi is nie, maar ‘n storie van goud. Ons gesels meer hieroor Sondag by ons eredienste.

Danie Möller

Ons lees uit Matteus 28:1-20

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri