Elke Sondag is daar 'n diens wat vooraf opgeneem is beskikbaar hieronder, klank en video (die liedere is regs van die video by untitled list):
Gedurende die skoolvakansie volg asseblief die lewendige uitsendings op
Helderberg Gemeente se YouTube-kanaal (dit word ook daarop gestoor)
Covid-19 Rampfonds - kliek hier vir meer
Wil jy graag ander ontmoet met dieselfde belangstellings of sport as jy – dan is ons Kuiergroepe net vir jou. Kom ontmoet ons gerus die volgende twee Sondae (19 en 26 Januarie) na die oggenddienste in die Tent en vind uit waaroor dit gaan. Daar is lyste waar jy kan aandui waarin jy belangstel bv fotografie, kunsgroep, leesklub, stafgroep ens. Enige persoon wat ‘n klub of groep wil begin of belangstel om deel van een te raak stuur ʼn e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Marizanne Pfeil word hierdie Sondag bevestig by Hoop Geloofsgemeenskap en ons het haar 'n paar vrae gevra:
Hoekom het jy besluit op Hoop Geloofsgemeenskap? Wat het jou laat dink dis die plek vir jou?
Toe ek vir die eerste keer by Hoop Geloofsgemeenskap kom en sien hoe die mense om tafels gesels, lag en deelneem was ek dadelik aangetrokke tot hierdie alternatiewe manier van bymekaar kom as kerk. Ek glo dat in die mense van Hoop Geloofsgemeenskap lê daar die potensiaal om deur sulke aktiewe deelname by mekaar te leer en verhoudings te vestig en te bou waardeur die geloofsgemeenskap waarlik ‘n baken van hoop word daar waar hulle leef. Ek was net te nuuskierig en opgewonde oor hoe God in en deur hierdie gemeenskap leef om nie deel te raak van hulle nie.
Hoekom wou jy vir predikant gaan swot?
Ek wou eintlik ‘n sendeling word en het besluit om teologie te studeer sodat ek meer toegerus in die sendingveld kan ingaan, maar niks gebeur toevallig nie en hoe meer ek betrokke geraak het by gemeentes in my studentejare, hoe meer het ek besef om in ‘n gemeente betrokke te wees is my passie. Ek het in ‘n artikel gelees dat sendingveld nie ‘n plek daar vêr weg is oor lands-grense is nie, maar dat sendingveld elke gemeente is en elke persoon wie jy tegemoet kom, en voor die einde van my eerstejaar het ek besluit dat ek ‘n predikant wil word en my passie vir bediening wil uitleef in ‘n gemeente.>>
Ons is opgewonde oor ons meditatiewe dienste vir die komende jaar. Nadat daar opnuut gekyk is na ons eredienste en eredienstye, en ook as gevolg van die herstrukturering van ons predikantsposte, is daar besluit om in 2020 voort te gaan met slegs een meditatiewe diens om 08:00. Dieselfde prediker wat die meditatiewe diens lei, sal dan ook die erediens by Helderberg Village om 10:00 lei.
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Dienste gaan nie gedurende die skoolvakansie voorafopgeneem word nie, maar gaan kyk asseblief die lewendige uitsendings op ons YouTube-kanaal
Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Cobus Malan – knievervanging, bid vir herstel
André de Wet – pulmonêre embolisme
Connie Botha – heupvervanging
Frieda Jordaan se seun, wat ook Ada Kellerman se broer is, is ernstig beseer in ‘n skietongeluk
Amaritha Meyer – rugoperasie, bid vir vinnige herstel
Jessie Marais – rugoperasie
Hannes Victor – herstel tuis
Esmirelda Beetge – bid vir spoedige herstel en volledige genesing
Karel Botha – operasie
Ronelle Foster – bid vir herstel na beenmurgoorplanting
Rehanna Nolte (16jr) – bid saam vir haar emosionele welstand
Geseënde Christusfees vir almal
Mense wat siek is met Covid-19 in hierdie tweede vlaag
Stop die verspreiding van Covid-19
Mense wat werk soek en wat hulle werk verloor het
Boere in nood
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of ontvangs@nghelder.co.za
12.16.2020 - 01.26.2021
Skoolvakansie
01.24.2021
Doop
01.27.2021
Skole open
02.02.2021 7:00 pm - 7:00 pm
Voogdevergadering
02.09.2021 7:00 pm - 7:00 pm
Wyke en omgeegroepleiers vergadering
02.14.2021
Biddag vir opvoeding en onderwys
02.14.2021
Helderberg Uitreikfees
02.17.2021
Aswoensdag
02.21.2021
Doop
02.28.2021
Nagmaal
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus