'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

As seerowers 'n gunsteling liedjie sou hê, sou dit heel moontlik wees: “Ek sou kon doen met 'n miljoen.” Seerowers of nie, die meeste van ons sou kon doen met 'n paar ekstra rande in ons sakke. Ons nooi jou uit na ons verlate tropiese eiland waar ons skattejag gaan plaasvind.

Kom ontmoet “Kaptein-ek-kan-nie”, “Private-putt-it-off”, “Meneer Sonde” en “Admiraal Ongeloof” en kom help keer dat hulle nie die skatkis steel nie en wie weet, dalk gaan jy 'n regte seerower of twee ook te siene kry. Beplan solank aan jou seerower uitrusting vir die Donderdagaand.

29 Mei - 2 Junie in Talanja vir alle gr1-6 om 18:45-20:00. Die registrasie sal Sondagaand plaasvind en is R50. Jy sal dan jou Pinksterboekie ontvang vir die week. “Kom ons delf dieper in die skatkis van Sy Woord.”

Lizl Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ivor Swartz gaan hierdie jaar Pinkster met ons deel. Kom beleef dit saam, daar is ook Pinkster vir die kinders en elke aand sal kos verkoop word. Pinkster begin op 29 Mei tot 2 Junie.

Dit was ‘n wonderlike hoogtepunt toe onafhanklike metings toon dat die skoolgereedheidspersentasie tot 87.3% in deelnemende skooltjies toegeneem het. Die projek werk met jong leerders (4- tot 6-jaar), wat deel vorm van die vroeë remediërende intervensieprogram.

102 opvoeders ontvang weekliks persoonlike opleiding in die implementering van die program. Die projek het die afgelope jaar 1 882 leerders in 82 skole/kleuterskole uit bitter arm gemeenskappe ondersteun waarvan 78 skole in die Wes-Kaap en 4 in Jakarta geleë is.

Projekleier: Anton van Geest 083 377 1973 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Projekkoördineerder: Sunette Erasmus Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Donderdag 26 Mei is Hemelvaart. Dit is nie meer 'n publieke vakansiedag nie, maar vir ons by Helderberg is dit ‘n belangrike dag. Kom vier dit saam met ons.

Jesus se opstaan uit die dood het ons hele perspektief op die lewe kom verander. Dit is seker die opwindendste ontdekking wat mens kan maak. Al probleem is, ons vergeet so maklik daarvan. Die daaglikse lewe skaaf die blink weg en bring selfs twyfel.

Dit is een van die redes hoekom ons kerk toe gaan. Om mekaar te herinner aan die groot wonder. Jesus leef en dit verander alles! Leef jy?

Kom sê Sondag saam met Thomas, die twyfelaar – MY HERE EN MY GOD!

Danie Möller

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri