Pinksterdienste word lewendig uitgesaai op YouTube, kliek op hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UChAVTuuZ0ewy6b_wy6PTZ1g
Na afloop van die President se aankondiging Maandag sal eredienste, in persoon, hervat by die kerkgebou vanaf 21 Februarie. Die huidige ramptoestand voorwaardes verval 15 Februarie so ons sal nader aan die tyd kan bevestig of daar meer as 50 persone 'n diens kan bywoon al dan nie.
Dit is dan 'n klassieke diens om 08:00 in die kerk, 'n meditatiewe diens om 09:00 in die kapel, informele diens in die kerk om 10:00 en ‘n aanddiens in die kerk om 19:00. Jy sal moet bespreek vir die diens. Kinders is welkom om by hul ouers te sit in die dienste. Intussen deel saam in ons digitale eredienste (ook vir die kinders) deur in te skryf op Helderberg Gemeente se YouTube-kanaal.
Die tieners se jeugaksie gaan ook die 21’ste Februarie begin. Ons sal wel vir julle in die volgende e-nuusbrief, Facebook, Whatsapp en webblad alle reëlings rondom die dienste en jeugaksie laat weet.
Liewe Gemeentelede, gesien in die lig van die COVID-19 pandemie en verskillende vorme van grendeltyd waarin ons ons al vir so lank bevind, wil ons as kerkraad graag net weer vertoef by die vraag, wat beteken dit vir jou om deel te wees van Helderberg Gemeente en wat verwag jy van ons gemeente. Deel asseblief jou mening deur die volgende vraelys te beantwoord: https://www.surveymonkey.com/r/QNV2LPQ
Aneleh Fourie
Voorsitter van die kerkraad
Ons is baie opgewonde dat Deon Els (35 jr) van Kraggakamma Gemeente in Port-Elizabeth die beroep na Helderberg aanvaar het. Hy sal DV vanaf 1 April 2021 sy bediening hier begin. Ons bid spesiaal vir hulle as gesin in hierdie oorgangstyd – Deon, sy vrou Liesel en hulle twee dogtertjies – Olivia (3 jaar) en Emily (2½ maande).
Om te kan lees en skryf maak wêrelde oop vir almal. Daarom is dit so belangrik vir die Mosambiek Geletterdheidprojek om die kinders in die afgeleë bosgedeeltes in die noorde van Mosambiek, waar daar geen regeringskole is nie, te leer lees en skryf. Sodoende kry hulle ook toegang tot inligting, kennis en ook die Bybel. Alle onderwys vind op ‘n Christelike grondslag plaas met die Woord van God as basis.
Daar is tans 1 258 leerders ingeskryf by 7 bosskole in die Milange omgewing. Hierdie is skole wat nie deur die regering ondersteun word nie, maar ten volle deur die projek gedra word.
Die projek het ook ‘n kleuterskool op die terrein van die Gereformeerde Kerk van Mosambiek (IRM) in Milange. Die projek werk in noue samewerking met ons vennoot, die IRM. Tydens die inperking weens Covid-19, is die meeste bosskole gesluit, maar vind onderwys op verskeie elektroniese maniere plaas vir leerders wat toegang het daartoe. Die Mosambiekse regering het besluit om die skole weer in Maart 2021 te open.>>
Lees verder: Getuienisgeleentheid 2021 - Mosambiek Geletterdheid
Aanbidding wil graag vir Pieter Gouws verwelkom as die musiekkoördineerder van die informele en aandienste se musiek. Pieter is ‘n musikale, entoesiastiese jongmens met ‘n passie vir ons Hemelse Vader. In sy vrye tyd geniet hy die buite lewe en om aktief te wees. Baie welkom Pieter.
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Word deel van ons WhatsApp-groep
Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0
Of gebruik die QR kode:
- maak WhatsApp oop
- gaan na settings
- maak die QR kode langs jou naam oop
- scan ons QR kode
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Emmie van Tonder – opvolgbestraling
Danie Kotze – herstel na hartoperasie
Neels Botha – herstel na rugoperasie
Susan Engelbrecht – herstel na rugoperasie
Danette Barnard – herstel na rugoperasie
Marius Herselman – kanker
Alta Foster – herstelproses
Mense wat siek is met Covid
Ons is dankbaar:
- dat Jesus Christus plek vir ons gaan voorberei het
- dat Jesus Christus se Gees by ons is
- vir Pinkster
Rou:
Manie du Toit is oorlede, ons dink aan sy familie en vriende.
Ons dink aan Hans Botha wie se skoondogter, Helga Botha, oorlede is.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of ontvangs@nghelder.co.za
Liewe Lidmaat
Die POPI inligtingswet is vanaf 1 Julie 2021 inwerking en ons bevestig hiermee dat lidmate se persoonlike inligting veilig hanteer en bewaar word. Lidmate kan dmv ons webblad aansoek doen (kliek hier) om toegang tot hulle inligting te verkry. Vir verder navrae kontak gerus ons Inligtingsbeampte, Grazie Beets, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
05.26.2022 - 06.05.2022
Pinkster
06.01.2022 10:00 am - 12:00 pm
Kreatiewe Kuiers
06.04.2022
Familiebediening jongmens event
06.05.2022
Pinksterfees
06.05.2022
Biddag vir ekologie
06.05.2022
Beach clean-up
06.05.2022
Doop
06.07.2022 9:00 am - 11:00 am
Helderberg Seniorklub
06.12.2022
Biddag vir jeug en kategese
06.12.2022
Belydenisaflegging
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus