'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

In ons land is 16 Junie ‘n dag van groot hartseer maar ook ‘n dag wat fokus op die krag van die jeug. Hierdie Sondag vier ons Jeugdag, daar is hoop vir ons land want daar is brawe jongmense wat met ‘n passie vir God en ‘n hart vir die wêreld in nood leef. Ons kom Sondag saam met jongmense bymekaar en ons soek die wil vir God vir ons land en ons vra die belangrike vraag? Wat kan ons doen om die jongmense te help op hierdie pad?

Dit is ook Vadersdag en ons is intens bewus van die rol wat vaders speel in kinders se vorming en belewenis van God. Hierdie Jeugdag dink ons weer aan die gedig van Kahlil Gibran hieronder.

– Paul Barnard

Ons is opgewonde om weer na 2 jaar die gebruiklike Holiday Club vir ons graad 1 tot 6 kinders te kan aanbied gedurende die eerste week van die Junie/Julie skoolvakansie. Ek dink ons tienerleiers is nog meer opgewonde daaroor, want wat is Holiday Club sonder ‘n groep opgewonde en entoesiastiese tienerleiers nie?

Ouers sit dikwels met hul hande in hul hare oor wat kan hul kinders sinvol kan doen gedurende die vakansie. Nou is hier iets op jou voorstoep. Elke weeksoggend van Maandag 27 Junie tot Vrydag 1 Julie van 08:00 tot 12:00 hier by Helderberg Gemeente. Die koste vir die week is slegs R100 of dan R20 ‘n dag. Ons tema vir die week is Space Rangers en is geskoei op die grootheid van God skepping en veral dan Psalm 8.

Dit word gehou in samewerking met United Church en die Metodiste kerke hier in Somerset-Wes. Hoop ons sien sommer baie van julle en jul vriende, nooi jou maats van ander skole ook. Donasies vir die week se Holiday Club is welkom, ons benodig ontbytgraanpappe, melk, suiker, koffie, tee, beskuit, hot chocolate en vrugte. Ons waardeer julle hulp en donasies opreg.

Lizl Botha

 

‘n 20 uur per week pos wat Sondae insluit is beskikbaar by NG Gemeente Helderberg om die kultuur van gasvryheid in die gemeente te versterk.

Vereistes en vaardighede
• Vereenselwig hom/haar met die visie en waardes van Helderberg Gemeente.
• Vermoë om die waarde van gasvryheid uit te leef en ander te kan inspireer tot gasvryheid.
• Vermoë om in ‘n span te kan saamwerk.
• Vermoë om vrywilligers te kan werf en bemagtig.
• Vermoë om te kan bestuur en koördineer.
• Kreatiewe denker.
• Rekenaarvaardigheid.
• Spesifieke akademiese kwalifikasies en praktiese ervaring is nie ‘n vereiste nie, maar sal in ag geneem word.>>

Lees verder: Vakante pos: Gasvryheidsbeampte

Ons is baie dankbaar vir die reën. Daar is wel baie mense wat geraak word deur die vloed van water en ons wil hulle graag help. Indien jy ook wil help, sal ons baie dankbaar wees.

Antoinette du Toit werk al 25 jaar met die finansies hier by Helderberg. Sy het voorwaar ‘n passie vir die Here en is baie lief vir haar familie en die twee kleinseuns maak haar lewe vol.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri