'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

In die Kaap het ons die voorreg om in die winter om die warm kaggelvure te sit met ‘n glasie rooiwyn en diep te dink oor die lewe. Wintertye is wel tye wanneer ons stadiger beweeg meer rus en hopelik meer dink. Prediker praat van die verskillende seisoene en hoe daar ‘n tyd vir elk is.

In Efesiërs lees ons hoe God ons roep om in hierdie lewe te LEWE. Winter die stil word seisoen, die seisoen waar ons evalueer wat in ons lewe gebeur het, kaal gestroop word, maar meer nog soek na nuwe groei. Hierdie Sondag kyk ons na wat die Bybel van ons vra in hierdie seisoen, hoe om die meeste waarde daaruit te kry sowel as om dit ten diepste te geniet.

Paul Barnard

Marisa help graag ander mense en is versot op wol en hekel graag.

Wintertyd in die Kaap maak die lewe stadiger. Ons leef meer na binne en saam met die natuur is dit op baie maniere ‘n stiller tyd. Dit is die ideale tyd vir dieper verhoudings met mekaar en met God. Die kitskultuur waaraan ons gewoond raak, beïnvloed ons hele lewe, ook ons verhouding met God.

Eie aan ons tydsgees, wil ons hê ons geloofspad moet ook sommer gou en kits en maklik wees – maar dan mis ons die wonderlike diepte en diversiteit en lekker van ‘n groeipad saam met God. Iets wat die moeite werd is neem tyd. Maak tyd vir God – loop die pad saam met medegelowiges – ontdek die unieke pad wat God met jou en julle loop.

Maak tyd vir jou afspraak met God by Sondag se eredienste. Sien jou graag by die kerk of skakel in by ons uitsaaidienste. Warm bly.

Danie Möller

Groot dankie aan Helderberg Uitreik se geloofoffers-ondersteuners. Jou geloofoffer word vermeerder soos die broodjies en die vissies in God se hande en het die 37 projekte in staat gestel om die afgelope boekjaar 295 602 kinders en volwassenes direk te bedien met evangelisasie, dissipelmaking, ontwikkeling, mediese-, pastorale- en beradingsdienste, fisieke versorging en bestaansbeveiliging.

Geloofoffers vir aangewese projekte en die bestuur van Helderberg Uitreik kwalifiseer vir Art 18A sertifikate vir belastingsverligting vir die skenker.

Navrae: Louise Theron

Danie is baie lief vir sy gesin en ook vir fietsry. Hierdie jaar sien hy egter die meeste uit daarna om in September oupa te word.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri