'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Gedurende die eerste week van die Junie skoolvakansie, was die eerste Holiday Club sedert 2019 hier by Helderberg. Dit word aangebied in samewerking met die jeugleiers van die Metodiste- en United Kerk, Reza Astrid en Mathew Seaward.

Dit het behoorlik gewemel van opgewonde kinders (gr1-6) en entoesiastiese tienergroepleiers, saamgestel uit al drie gemeentes. Met “space rangers” as tema het ons meer geleer van die grootheid van God se skepping, die son, sterre, maan en ons as deel van God se skeppingwerk. Die kinders het elke oggend in drie groepe roteer tussen die Bybelles, kunsaktiwiteite, speletjies, lofprysing en dan teen die einde van die dag het ons saam afgesluit deur elke groep se briefies uit te deel en saam te bid.

Sonder die tienergroepleiers kan die Holiday Club nie slaag nie. Daar was ‘n totaal van 19 tieners vanaf graad 7 tot leiers wat tans studente is. Die tieners het elke middag huis toe gegaan, na ‘n lekker middagete en ‘n oorsig oor die oggend en gaan rus. Elke aand teen 19:00 was hulle weer terug by die kerk vir hulle program wat onder andere ‘n spanbou ingesluit het, karaoke aand, ‘n speletjiesaand waar ons Turkeys and Eagles gespeel het en Donderdag was ‘n lekker saamkuier aand.
Moeg gespeel, stemme wat weg is, min slaap, vroeë oggende en laat aande, alles vol glitter en verf, maar wat ‘n geseënde week vir elke kind wat daar was, maar ook elke tiener wat geestelik verryk daar weggestap het.

Volgende jaar maak ons weer so!

Lizl Botha

Visie: Die skep van hoop vir haweloses in die Helderberg omgewing.
Missie: Ons reik uit na haweloses in die Helderberg-omgewing en fokus op verantwoordelike betrokkenheid by hul geestelike en fisies nood.

Die ses projekte waarop ons primêr fokus is die volgende:
1. Helderberg Street Peoples’ Centre / Thomas House of Hope
Haweloses word hier bearbei en basiese dienste word gelewer. ‘n Teenprestasie word verwag vir die verdien van “tokens” (of krediete).

2. Nagskuiling
By Thomas House of Hope word hier ook basiese dienste gelewer, maar ook oornag akkommodasie aangebied.

3. Familieskuiling
Soos die naam aandui, word families tydelik hier gehuisves – daar is dus ook kinders. Maaltye word verskaf en praktiese programme word aangebied. Kinders word in hoofstroom skole geplaas.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Projekspan vir Haweloses

Louise is passievol oor Helderberg Uitreik en elke persoon betrokke daarby. Sy wil graag met jou ook gesels daaroor, kontak haar by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Welkom terug aan almal wat die wintervakansie rondgeloop het. Hierdie Sondag skop ons die kwartaal af wat in die winter begin en in die lente eindig! Al die aktiwiteite kom weer aan die gang en ons sien daarna uit om jou by die kerk te sien.

Een van die lekker dinge van die lewe is ‘n taai Wilsons-toffie. Maar hy is nie dadelik lekker nie. Jy moet eers ‘n manier vind om hom sagter te kry. Daar is in ons lewens ook baie sulke taai toffies. Lekker dinge, maar dit vra eers bietjie werk van my. Ons gaan in die preke van hierdie kwartaal op ‘n paar praktiese taai toffies van ons lewe fokus, en hopelik die lekkerte van elkeen weer ontdek.

Sondag is die vraag hoe ons in vandag se taai-toffie-tye toekomsgerig en met hoop kan lewe.

Die sleutelteks is Klaagliedere 3:21-24
Dit roep ek in herinnering, daarom het ek hoop:
Die troue liefde van die HERE vergaan nie, want sy ontferming ken geen einde nie.
Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid.
My erfdeel is die HERE, sê ek; daarom hoop ek op Hom.

Sien jou Sondag
Danie Möller

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri