'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hierdie Sondag (4 Desember) om 19:00 is ons jaarlikse Kerssangdiens.

Voor die tyd is die Klassieke Kers Klanke om 17:30-18:30.

'n Vreugdevolle geleentheid vir almal.

Kersfeestyd se tekens is rondom ons en dit maak ons opgewonde en laat ons uitsien na Kersfees wat op pad is. Dit is dan ook waaroor Advent gaan, die tyd wat ons nou ingaan. Ons dink aan Jesus wat duisende jare terug gebore is as die Verlosser, maar ook hoe Hy elke dag kom in ons lewens en hoe Hy weer gaan terugkeer op die wolke. In hierdie tyd berei ons onsself voor vir die Christusfees, maar intussen maak ons ook gereed vir Jesus wat wéér gaan kom.

Die Familiekersdiens om 09:30 gaan hierdie tema verder neem, saam met die kleuters en die gr 1-6 kinders onder leiding van Lizl Botha. Na afloop van die Familiekersdiens, is daar ‘n bring-en-braai vir die hele gemeente. Vuur en slaai word voorsien, bring asseblief eetgerei, asook drinkgoed en jou vleisie. As jy die afgelope drie jaar nuut is by Helderberg, het jy rede om uit te sien na hierdie geleentheid. Familiebediening maak ‘n fees daarvan.
Nooi iemand saam en kom kuier lekker Sondag by Helderberg.

Lizl Botha

Stuur gerus voor die tyd jou vra na Olivia by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hierdie fonds wat gestig is en bestuur word deur Helderberg Uitreikbestuur, word befonds deur geloofoffers en kwalifiseer ook vir Art 18A sertifikate. Dit is gestig as ‘n steunfonds vir geregistreerde projekte van Helderberg Uitreik. Projekte doen aansoek op ‘n spesiale aansoekvorm en die Uitreikbestuur evalueer elke aansoek en die impak/verskil wat die steun uit die fonds aan die projek se visie sal maak.

Die Uitreikbestuur is dankbaar vir die donateurs van die WBB-fonds. Dit verseker volhoubaarheid van projekte, ondersteun nuwe inisiatiewe van projekte en maak ‘n groot impak op armoedeverligting en die ontwikkeling van mense sodat die Hoop van Christus na ‘n wêreld in nood, naby en ver, gedra kan word.

Navrae: Louise Theron by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Kom luister gerus Sondag 27 November 2022 na die getuienis wat gelewer gaan word van ‘n persoon se helings-pad saam met sy berader. Die getuienis word tydens albei die oggenddienste gelewer.

Wil jy betrokke raak by die sentrum as ‘n vrywilliger? Ons benodig nou vir:
Beraders: Het jy ondervinding as ‘n berader en ‘n behoefte om deel te raak van ons span?
Gebedslys: Omgee-mense wat kan help om persone op ons gebedslys te kontak. Jou oproep maak ‘n verskil in mense se lewens.
Pro-bona dienste: Professionele persone wat pro-bono kan help met van ons verwysings, ons benodig spesifiek psigiaters, dokters en sielkundiges.

Kontak vir Karen de Beer as jy meer wil weet of op enige van die bogenoemde maniere wil betrokke raak, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 079 417 3863

Karen de Beer

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri