Teken in op ons YouTube-kanaal en kry so elke keer ‘n kennisgewing van nuwe video’s kliek op hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UChAVTuuZ0ewy6b_wy6PTZ1g
Bespreek hier vir die dienste in die kerk: https://forms.gle/YMFDbREp33YEhsfc7
Vorm sal op 'n Maandag beskikbaar wees vir die komende Sondag.
Meeste van ons – hopelik amper almal – weet dat daar dinge in my is wat moet verbeter – wat ek anders moet doen of beter moet doen. As ons vra: “Wat moet in my verander om te wees wat God wil hê ek moet wees – en om te wees wat ek graag sal wil wees?”, dan behoort elkeen van ons ‘n paar dinge te kan opnoem.
Die uitdaging is nie om te weet waar ek moet verander nie – die uitdaging is: Hoekom verander ek nie? Dit is die bul wat ons in Sondag se eredienste by die horings pak. Is jy besig om Jesus te volg of net te glo in Christus? As jy hom volg sal jy ook soos sy dissipels die pad van verandering wil loop.
Dit is die begin van Lydenstyd, ‘n goeie tyd om iets te laat los – ‘n goeie tyd om ‘n nuwe gewoonte aan te leer – ‘n goeie tyd om die mens te begin wees waaroor God en jy droom. Danie Möller praat Sondag verder hieroor.
Die deurkollekte gaan vir Dienssentrum.
Sonder gesellige byeenkomste en koffie kuiers na kerk, is dit uitdagend om gasvryheid uit te leef en mense by mekaar uit te bring en te laat tuis voel. Ons het jou nodig om ons te help dink oor hoe om nou gasvryheid op ander maniere uit te leef in die gemeente.
Ons benodig ook mense vir die verwelkoming by die deure voor die dienste en om nuwe lidmate te laat welkom voel en met hul inskakeling by die Gemeente.
Kom gesels saam - kontak Corneille by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of gee jou naam by in Ontvangs.
Aswoensdag, 17 Februarie is die begin van sewe weke Lydenstyd wat ‘n tyd is van selfrefleksie en selfondersoek. Die afgelope jaar het unieke uitdagings aan elkeen van ons gestel. Ons elkeen beleef verskillende emosies en ervaar die uitdagings anders. Tog raak die pandemie en die grendeltyd ons elkeen persoonlik. Miskien is daar vrae in ons gemoed – die hoekoms en waaroms wat ons teenoor God rig.
Aswoensdag is 'n geleentheid om al jou emosies voor God te bring – dit is ‘n tyd van agterlaat, van skuldbelydenis en ja, selfs van rou en treur. Dit is ‘n tyd wat ons na onsself kyk deur die spieël van die kruis.
Kom beleef die begin van die Lydensreis saam met ons deur die aanlyn Aswoensdag video, kliek hier, asook ‘n video van die 12 stasie van die Kruis, kliek hier. Mag hierdie ervaring vir jou (en jou gesin) tot seën wees.
Die jaar 2020 was ‘n groot uitdaging vir ons land en sy mense. Die begin van 2021 was nie veel beter nie. Werksgeleenthede het tot niet gegaan, skole en kleuterskole het toegemaak wat die druk op voedsel voorsiening in die gemeenskappe erg geraak het, kinders wat gewoonlik voedsel ontvang deur die skole voedingsprojek het nou ook by die sopkombuise opdaag vir iets om te eet.
Vir ons Dienssentrum was dit egter ‘n geseënde jaar. Hoe meer ons uitgedeel het, hoe meer het ons Heer voorsien. Besighede, plase, gemeentelede en mense uit die gemeenskap het gesorg dat daar altyd genoeg was vir wie ookal by die Dienssentrum opgedaag het vir hulp.
Ons betrokkenheid strek vanaf Sir Lowry’s Pass tot Eersterivier met verskeie projekte tussen in. Dienssentrum het sy eie projekte en dan voorsien ons ook waar daar nood is aan ons eie gemeentelede, Moedergemeente se lidmate en aan sommige projekte van Uitreik. Tot op hede eet bykans 7 000 mens per week van die voedsel wat uit die Dienssentrum voorsien word.
Vandat die skool gesluit het in Desember voorsien Dienssentrum nie net groente en maalvleis aan projekte nie, maar voorsien ons ook aan vyf van ons projekte pap, melk en suiker vir die kinders.>>
Lees verder: Getuienisgeleentheid: Dienssentrum van Helderberg Uitreik
Die Versorgingsfonds se Bestuur bestaan uit twee persone met 'n gekoöpteerde lid. Hulle is Hennie Smit (Voorsitter en Finansies), Marie Kotzé (Maatskaplike sake en Emosionele Versorging), en dan die lid Dirk Wessels (Kommunikasie). Daar is tans 15 gesinne van ons gemeente wat op die lys is van die VF se bestuur. Daar is egter, met die Covid-19 pandemie, talle nuwe gesinne wat op een of ander manier vasbrand en hulp van die kerk vra. Met almal moet onderhoude gevoer word en 'n pad moet gestap word.
'n Emosionele ondersteuner moet die wel en weë van so 'n gesin ondersteun en hulle begelei op die pad van herstel sodat hulle weer stewig en met selfvertroue die pad kan stap. Die probleme het toegeneem onder ons mense, selfs onder die 15 gesinne. Dit het net baie moeilik geword vir die huidige emosionele ondersteuners in die veld om geredelik beskikbaar te wees en reg te laat geskied aan die behoeftes van die gesinne op die lys.
Daar is dus 'n dringende uitnodiging om betrokke te raak en 'n sterk skouer te gee om op te leun vir die wat dit so nodig het. Ons vra jou tyd, toewyding en energie. Jy hoef nie spesifieke opleiding hiervoor te hê nie – net 'n omgee-hart en liefde.
Indien jy voel om op hierdie wyse betrokke te raak, skakel asseblief vir Marie Kotzé by 072 433 0068. Ons het jou regtig nodig. Dankie.
Dirk Wessels (Kommunikasielid)
082 859 5214
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Hier is die verkillende ingange vir Sondag se dienste:
Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Alta Foster – herstel na val
Mike Basson – herstel van longontsteking
Jannie Brewis – ontslaan uit hospitaal, besig om te herstel
Peet Venter – herstel van Covid
Linda Oosthuyzen – herstel na beroerte
Gerhard van Vuuren – herstel na beroerte
Faan van der Westhuizen – kry tans bestraling
Paulie Roux – besig met toetse
Baby Meyer – verswak
Isabel Lubbe – besig om aan te sterk
Esmirelda Beetge – ons dank die Heer vir die goeie vordering in haar herstel proses
Ronelle Foster – ons dank die Heer vir haar totale remissie na beenmurgoorplantings
Rehanna Nolte – bid saam vir haar emosionele welstand
Ons bid vir die matrikulante wie nou groot besluite moet maak tov hul toekoms.
Ons bid vir ons land se leiers vir leiding in hierdie tyd.
Ons bid vir mense in ons omgewing wat tans siek is met Covid en die wat besig is om te herstel.
Rou:
Ons dink aan Helene Swart wie se man Willem Swart oorlede is.
Ons dink aan Madelein Esterhuizen en Lizanne van Zyl wie se suster Reinette oorlede is.
Ons dink aan Theresa Diedericks en familie, haar ma is oorlede.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of ontvangs@nghelder.co.za
03.05.2021
Wêreldbiddag vir vroue
03.07.2021
Doop
03.14.2021
Belydenisaflegging
03.21.2021
Menseregtedag
03.28.2021
Groot Lydensweek begin
04.01.2021
Tenebrae ete
04.02.2021
Goeie Vrydag
04.04.2021
Doop
04.04.2021
Paasfees
04.04.2021
Dag van danksegging en verootmoediging
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus