Soek in Helderberg mark

Geleenthede

Promosie van optredes, konserte, byeenkomste, ens

Rialto  » Geleenthede  » BERG-EN-SEEKLUB VIR SENIOR BURGERS

BERG-EN-SEEKLUB VIR SENIOR BURGERS

Donderdag, 27 Januarie 2022
deur GrazieOntvangs1
GrazieOntvangs1
Bied aan

Die Berg-en-Seeklub vir seniors vergader om 9:30vm (let op die tyd) in die NG Moederkerk, Somerset-Wes op Donderdag 3 Februarie.
Die bekende inspirasiespreker, dr. Jannie le Roux, tree op. Sy onderwerp: 2022 - Kruppel of Huppel? Dr. Le Roux praat gereeld oor die radio en het al as hoofspreker vir ‘n leierskonferensie in Madagaskar opgetree.

‘n Gewilde pianis, Erna de Waal, tree op terwyl ds Frikkie van Niekerk ons met sy buikspraak verras!

Almal is welkom.
Toegang: Lede R10 Nie-lede R20
Jaarlikse ledegeld: R70

Vir navrae kontak asseblief vir Trina van Schalkwyk by 084 774 3532


Kontak inligting

Die Berg -en-Seeklub Elzabe Cocklin
Strand
Telefoon: 021-8545076
E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Rialto  » Geleenthede  » BERG-EN-SEEKLUB VIR SENIOR BURGERS
Top