Soek in Helderberg mark

Geleenthede

Promosie van optredes, konserte, byeenkomste, ens

Rialto  » Geleenthede  » BERG - EN - SEEKLUB VIR SENIOR BURGERS

BERG - EN - SEEKLUB VIR SENIOR BURGERS

Woensdag, 19 Mei 2021
deur GrazieOntvangs1
GrazieOntvangs1
Bied aan

BERG-EN –SEEKLUB vir SENIOR BURGERS – BYEENKOMS: Do 3 Junie 2021: Tyd: 9:30 vir 10:00
PLEK: N G Moederkerk Somerset-Wes, Andries Pretoriusstraat

Dr Lizelle Smit, Navorser van die Argief op Stellenbosch, kom met ‘n baie interessante aanbieding oor die vroeë mediese geskiedenis van Suider-Afrika, met spesifieke verwysing na die Helderberg-Kom. Sy gebruik o.a. die lewensbeskrywings van die eerste vrouedokters “wat óf sendingdokters óf aweregse rebelle” was. Hierdie gaan ‘n unieke aanbieding wees!
Ds Carel Smith neem die Skriflesing en Gebed waar en sal ook as musiekkunstenaar (eie begeleiding) ‘n aantal gewilde liedere sing. (“You raise me up” ens)

Almal is hartlik welkom!

Toegang slegs R 10. Sappies word agterna bedien.



Kontak inligting

NG Gemeente Suider-Strand Petro Pentz
Strand
Telefoon: 021-8545076
E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Rialto  » Geleenthede  » BERG - EN - SEEKLUB VIR SENIOR BURGERS
Top